21 Maniere Om te Floreer Teen 45 JaarVoorbeeld

21 Ways To Thrive By 45

DAG 20 VAN 21

Beheer Jou Huishouding

Wanneer dinge by die huis buite beheer raak en ons "ja" sê in plaas van "nee", of as die kinders baklei en teëpraat, is dit tyd om beheer te neem.

Jou huis is dalk nie chaoties nie. Dalk is almal in jou huis so vriendelik en gaaf, dat jy dit kan inlê en verkoop. Aan die anderkant kan jy dalk jou hare uit jou kop wil trek en daar staan 'n hoop skottelgoed in die kombuis en jy voel lus om iemand te klap, omdat jy so moeg is en jou huismense jou frustreer.

As dít die geval is, dink na oor wat Spreuke 24:3-4 sê: "Daar is verstand nodig om 'n huis te bou, insig om sy fondamente te lê, kennis om sy kamers te vul met allerhande kosbare en mooi goed." Die twee maniere hoe dít kan plaasvind, is deur gebed en konflikhantering.

Gebed. Raak stil en bid. As jy wil skree, bid. Begin bid as jy op jou kinders wil gil, of nog beter, bid saam met jou kinders. Bid saam met jou eggenoot. Bid vir jou dag wat voorlê. Gee dit oor aan die Verlosser van ons gebroke oomblikke. Filippense 4:6-7 sê: "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus."

Konflikhantering. Gegriefdheid en woede broei uit as daar probleme in 'n verhouding is. As jy 'n moeilike gesprek moet hê om vorentoe te beweeg deur die chaos, doen dit. Moenie wag nie. As jy verkeerd opgetree het, maak verskoning sodat genesing in beide harte kan plaasvind, of dit jou man, kind, vriend of vriendin is. Die meeste van ons is bang vir konflik, soos 'n kat vir water, maar dis voordelig vir almal as daar vrede en genade in ons verhoudings is. Efesiërs 4:31-32 herinner ons daaraan: "Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het."

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

21 Ways To Thrive By 45

Dis meer as 'n ontgifting. Elke vrou kan doelbewuste stappe doen om die unieke beelddraer te wees wat God bedoel het sy moet wees. Elke dag van hierdie 21-dag leesplan bespreek ons emosionele probleme en kies nuwe gewoontes wat ons siele help floreer. Dit maak nie saak of jy 'n vrou in jou twintigs, dertigs of veertigs is nie, daar is 'n oorvloed van God se goedheid, begrip en genesing om in hierdie tydperk van jou lewe te floreer.

More

Baie dankie aan Tiffany Bluhm wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek Tiffanybluhm.com vir meer inligting