21 Maniere Om te Floreer Teen 45 JaarVoorbeeld

21 Ways To Thrive By 45

DAG 19 VAN 21

Kom Bymekaar

Ons liefde vir die evangelie nooi ons om ander lief te hê en die lewe met hulle te deel. Wanneer ons dít doen, ontdek ons dat ons in 'n gemeenskap kan floreer, ongeag ons ouderdom of stand. Die vroeë kerk het alles gedeel. Hulle het stories vertel, etes gedeel en was eerlik met mekaar terwyl hulle 'n lewe nagestreef het wat in Christus verborge was. Kom ons deel in mekaar se oorwinnings en mislukkings, net soos die vroeë kerk gedoen het.

Mag ons eerlikheid, nederigheid en openhartigheid uitlok. Kom ons skep ruimte vir mekaar, as gelykes. Niemand is meer of minder werd nie. Ons vind aanklank ongeag ons sosiale status. Ons praat nie sleg van mekaar nie. Mag ons woorde in liefde spreek wat genade aan almal betoon.

Kom ons nooi diegene wat ons vertrou, om deel te wees van ons stryd en seerkry. Wanneer ons bymekaarkom moet ons harte verenig, nie 'n oulike Facebook status nie, maar 'n eerlike, openhartige hart. As ons bymekaar is, is alles deurmekaar en onvolmaak, maar ons beoefen vergifnis. Van tyd tot tyd mag ons mekaar ontstel of aanstoot gee. In daardie oomblikke moet ons nie wegskram en van mekaar onttrek nie. Dis nie ons gewoonte nie. Wanneer dit moontlik is, moet ons versoening bewerkstellig.

Kom ons kuier saam met vroue wat anders as ons is en sien hoe die beeld van God in hulle lewe weerspieël word. Kom jy met netjies gekamde hare? Dis goed so. Kom jy met hartseer en min energie? Dis ook goed. Albei word uitgenooi. Wanneer ons luister, vrae vra en in die liefde en waarheid van Jesus gevestig is, sal ons sien hoe Christus in en deur ons werk.

Om mense bymekaar te kry, is nie moeilik nie. Dit kan by 'n braai wees of 'n deftige ete en mooi gedekte tafel. Albei bring mense bymekaar. Dikwels wag ons om uitgenooi te word eerder as om mense na ons toe uit te nooi. Ons raak jaloers as ons sien hoe ander mense by mekaar kuier, maar ons kan dieselfde doen met die mense om ons.

Gasvryheid is nie beperk tot 'n klein groepie mense in silwerskoon huise nie, dis vir almal. Dit maak nie saak of dit 'n worsbroodjie of 'n braaiboud is nie. Kom ons vul ons herehuis, woonstel, huis, of hut met mense vir wie ons lief is en dié wat liefde nodig het. Wanneer ons op dieselfde manier as die vroeë kerk bymekaarkom, sal ons liefde bekend word en gedeel word deur almal wat byeenkom.

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

21 Ways To Thrive By 45

Dis meer as 'n ontgifting. Elke vrou kan doelbewuste stappe doen om die unieke beelddraer te wees wat God bedoel het sy moet wees. Elke dag van hierdie 21-dag leesplan bespreek ons emosionele probleme en kies nuwe gewoontes wat ons siele help floreer. Dit maak nie saak of jy 'n vrou in jou twintigs, dertigs of veertigs is nie, daar is 'n oorvloed van God se goedheid, begrip en genesing om in hierdie tydperk van jou lewe te floreer.

More

Baie dankie aan Tiffany Bluhm wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek Tiffanybluhm.com vir meer inligting