21 Maniere Om te Floreer Teen 45 JaarVoorbeeld
Raak Ontslae van Negatiewe Gedagtes
Ons gedagtes bepaal ons lewens. Negatiewe gedagtes oor onsself — hetsy ons hare, vel, rekmerke, mislukkings of liefdeslewe, toon nie respek vir die vrou wat God ons geskep het om te wees nie. Ons is sy meesterstuk, 'n kunswerk wat deur ander en onsself met waardigheid hanteer moet word. Negatiewe gedagtes is nie 'n teken van nederigheid nie. Dit is selfvernietigend. Dis 'n slegte gewoonte wat ons vermoë vertroebel om onsself as geliefd en deur God gewaardeerd te sien.
Dit maak nie saak of jy in die steek gelaat of geskei is nie.
Dit maak nie saak of jy nie swanger kan raak nie.
Dit maak nie saak of jy nie jou huis ordentlik kan skoonhou en jy onbevoeg voel as 'n tuisteskepper nie.
Dit maak nie saak dat jy nie kan kosmaak nie.
Dit maak nie saak of jy nie baie geld het nie.
Dit maak nie saak of jy jouself as te vet of te maer beskou nie.
Dit maak nie saak of jy voel jy is 'n mislukking in jou werk nie.
Daar is niks onder die son wat afbrekende selfgesprekke regverdig nie. Dit sal net jou gedagtelewe aftakel.
Ons glo in wat ons vir onsself sê. Negatiewe gedagtes spoor net leuens oor onsself aan en weerspreek wie Jesus sê ons is. Dit verdryf hoop, waarheid en vrede. Die leuens verhoed dat ons Christus se liefde, seën en almag kan ervaar. Dit lei ons ver weg van die oorvloedige lewe van liefde, genade en heiligheid wat God vir ons in gedagte het.
Jou innerlike gesprekke beïnvloed nie net vir jou nie, maar ook die mense om jou. Byvoorbeeld: as iemand jou komplimenteer en haar komplimente is nie in pas met jou negatiewe gedagtes nie, verwerp jy dit. Jy sal nie sulke bewondering aanvaar nie. Jy sal nie haar poging om jou te loof, erken nie. Deur dit te doen, verwerp jy die seëninge van ander.
Vandag is die dag om negatiewe gedagtes te laat vaar. Die oomblik wanneer jy agterkom dat jy nie die waarheid praat nie, verklaar dan met selfvertroue dat jy 'n dogter van die Koning is, geliefd en geskep om jou lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy jou bestem het.
Aangaande hierdie leesplan
Dis meer as 'n ontgifting. Elke vrou kan doelbewuste stappe doen om die unieke beelddraer te wees wat God bedoel het sy moet wees. Elke dag van hierdie 21-dag leesplan bespreek ons emosionele probleme en kies nuwe gewoontes wat ons siele help floreer. Dit maak nie saak of jy 'n vrou in jou twintigs, dertigs of veertigs is nie, daar is 'n oorvloed van God se goedheid, begrip en genesing om in hierdie tydperk van jou lewe te floreer.
More