21 Maniere Om te Floreer Teen 45 JaarVoorbeeld

21 Ways To Thrive By 45

DAG 12 VAN 21

Wees Vrygewig

In elke tydperk van ons lewe het ons iets om te gee. Al voel ons finansieel of emosioneel uitgeput, is daar nog steeds iets in ons om te gee. Dit sal beide die ontvanger en gewer verkwik. Vriendelike woorde, bemoediging, 'n helpende hand, 'n liefdevolle gees, 'n koppie koffie — die meeste hiervan is gratis en almal kan dit doen. Vrygewigheid gaan nie net oor geld nie, dit handel oor 'n gesindheid van oorvloed, 'n oorvloed van welwillendheid wat aan mense om ons uitgedeel word, ongeag of hulle ons vergoed of prys. Die beste deel van gee is dát jy gee. Sonder voorbehoud, slegs 'n gebaar uit jou hart uit.

Wanneer ons vrygewig is met ons tyd, talente en aardse skatte, herinner ons ons hart dat dit nie net oor ons gaan nie. Ons is geseënd in hierdie lewe. Dit maak nie saak hoeveel ons het of níé het nie. Ons kan soos Christus wees, vrygewig en vriendelik. Ons kan glo dat ons goed genoeg is. Dat Christus genoeg is. Hy onderhou ons en gee goeie dinge vir ons. Gebrek hoef ons nie te definieer nie.

Kom ons gee ander mense ons oorvloedige gebede, maaltye aan ons etenstafel en geld vir organisasies en mense wat dit nodig het. Vrygewigheid maak ons lewe die moeite werd. Ons is meer geseënd as die ontvanger (Handeling 20:35). Ons gaan ons tyd en energie wel vir iets gebruik, dit kan maar net sowel met 'n vreugdevolle en vrygewige hart wees. 'n Vrygewige lewe lei tot die verkwikking van ons harte en siele. Spreuke 11:25 sê: "Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is."

Dit maak nie saak in watter tyd van ons lewe ons is nie, ons het iets om te gee. Dit sal ons nie arm maak nie; dit sal ons verryk terwyl ons elke dag meer soos Christus word. Die vroue wat ons altyd bestem was om te wees.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

21 Ways To Thrive By 45

Dis meer as 'n ontgifting. Elke vrou kan doelbewuste stappe doen om die unieke beelddraer te wees wat God bedoel het sy moet wees. Elke dag van hierdie 21-dag leesplan bespreek ons emosionele probleme en kies nuwe gewoontes wat ons siele help floreer. Dit maak nie saak of jy 'n vrou in jou twintigs, dertigs of veertigs is nie, daar is 'n oorvloed van God se goedheid, begrip en genesing om in hierdie tydperk van jou lewe te floreer.

More

Baie dankie aan Tiffany Bluhm wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek Tiffanybluhm.com vir meer inligting