21 Maniere Om te Floreer Teen 45 JaarVoorbeeld
Ontwikkel 'n Gebedsroetine
Gebed is nie 'n kitsbank nie. Dis 'n gesprek. Een wat ons nooi om op ons Verlosser te vertrou. In gebed kan ons wanhoop in hoop verander. Vrees verander na moed. Kommer na vrede.
Dis so maklik om 'n geestelike praktyk soos gebed oor te sien. Ons dink dat ander mense maar die knielwerk moet doen. Ons vra hulle om te bid omdat ons glo dat hulle beter toegang tot die troonkamer van God het. Die waarheid is egter dat ons almal onbeperkte toegang tot die Vader het. Hy hoor ons gebede en hulle het 'n kragtige uitwerking.
Soms is ons bekommerd en bid nie. Bekommernis is nutteloos en verrig niks nie. In gebed word ons siel en geloof versterk en ons nooi Jesus om sy wil in ons lewens te laat geskied.
Gebed het geen reëls nie, maar daar is 'n paar dinge wat ons kan help as ons nie weet hoe nie:
Dankbaarheid. Dank Jesus vir wat Hy in jou lewe gedoen het. 1 Tessalonisense sê dat ons altyd moet bly wees. Ons moet bly wees oor wat Christus nou in ons lewens doen en wat Hy nog in die toekoms gaan doen.
Lofprysing. Aanbid Jesus vir wie Hy is. Jou advokaat. Jou hoop. Jou waarheid. Jou kompas. Jou Verlosser. Jou metgesel. Jou Redder. Vol guns en genade. Met oorvloedige liefde. Geduldig en vol vrede.
Belydenis. Ons verhouding met Jesus floreer as ons eerlik is. Eerlik oor ons sonde, twyfel en vrese. 1 Johannes 1:9 beveel ons: "As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid." Vergifnis en vryheid in Christus is moontlik as ons belydenis doen en berou het.
Voorbidding. Ons word oorlaai met die behoeftes van die mense om ons en verhale in die nuus. Ons kan help. Ons kan intree en bid dat die Vader in iemand anders se lewe werk.
Smeking. Gebed is nie net 'n lysie van alles wat ons lewe perfek en sonder pyn sal laat verloop nie. Gebed vind plaas wanneer ons in gemeenskap met ons Wonderbare Raadsman is, sy wil vir ons lewe soek en vra dat Hy op wonderbaarlike maniere in ons situasies teenwoordig sal wees.
Vind jou gebedsroetine, of dit nou die eerste ding is wat jy soggens doen, of jy 'n gebed in die stort prewel, of voor 'n ete of regdeur die dag bid. As jy op die Here vertrou, sal jou hart en siel ondanks jou omstandighede of probleme floreer.
Aangaande hierdie leesplan
Dis meer as 'n ontgifting. Elke vrou kan doelbewuste stappe doen om die unieke beelddraer te wees wat God bedoel het sy moet wees. Elke dag van hierdie 21-dag leesplan bespreek ons emosionele probleme en kies nuwe gewoontes wat ons siele help floreer. Dit maak nie saak of jy 'n vrou in jou twintigs, dertigs of veertigs is nie, daar is 'n oorvloed van God se goedheid, begrip en genesing om in hierdie tydperk van jou lewe te floreer.
More