21 Maniere Om te Floreer Teen 45 JaarVoorbeeld
Betaal jou Skuld
Net soos enige ander vrou kyk ek met verlange na 'n volstruisleer handsak en sou graag in 'n duur restaurant wou gaan eet, maar ek moet eers my skuld afbetaal. Ons moet soos Dave Ramsey wees en daarop fokus om skuldvry te leef. Skuld — verbruikers-, mediese-, skoolfondsskuld of enigiets anders, bepaal nie ons lewens nie, maar behoort te bepaal hoe ons ons geld spandeer. Dit verg uiterste selfbeheersing om skuld af te betaal en dit mag soos 'n nimmereindigende pad voel, maar dit vereis finansiële vryheid om in hierdie tydperk van jou lewe te floreer. Nie vryheid om elke week al die mooi dinge in jou mandjie by Woollies te pak nie, maar soos Romeine 13 ons beveel, te betaal wat ons skuld. Ons enigste skuld moet wees dat ons mekaar moet liefhê. Dis 'n skuld wat ons kan bekostig.
Ons samelewing wil ons oortuig dat dit aanvaarbaar is om elke nuwe nutsding aan te koop, maar as ons skuld ophoop, het ons minder om vir ander te gee. Dis 'n goeie reël om eenvoudig te leef en mildelik uit te deel terwyl ons in ons twintiger- en dertigerjare is, terwyl ons nog geskok is oor hoe moeilik 'n volwassene se lewe is. Daar is beide tye van oorvloed en skaarste, maar wysheid raai ons aan om ons skuld te betaal, te leef met wat ons het, nie uit te gee wat ons nie het nie en plek te maak vir vrygewigheid.
Ons kan so maklik jaloers raak op wat ander besit. Op hoërskool kyk ons in verwondering na ander meisies se klere en musiekversamelings, maar as volwasse vroue begeer ons karre, handsakke, huise en 'n besteebare inkomste. Voor ons ons oë uitvee, koop ons die "skynbaar noodsaaklikhede" met ons kredietkaart, soos spa uitstappies en duur gesigrome.
Ons hoef nie so te leef nie. Ons pas selfbeheersing toe, ons lewe 'n eerbare lewe en het integriteit. Ons betaal ons skuld en floreer in hierdie tydperk, ongeag ons bankbalans.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dis meer as 'n ontgifting. Elke vrou kan doelbewuste stappe doen om die unieke beelddraer te wees wat God bedoel het sy moet wees. Elke dag van hierdie 21-dag leesplan bespreek ons emosionele probleme en kies nuwe gewoontes wat ons siele help floreer. Dit maak nie saak of jy 'n vrou in jou twintigs, dertigs of veertigs is nie, daar is 'n oorvloed van God se goedheid, begrip en genesing om in hierdie tydperk van jou lewe te floreer.
More