Die Wonder Van KersfeesVoorbeeld

The Magic Of Christmas

DAG 7 VAN 25

"Die Verborge Wonderwerk van Kersfees"

Hoe voel genade? 'n Warm omhelsing? 'n Vergewensgesinde ouer? 'n Lojale vriend? Genade is een van daardie misterieuse Christelike woorde wat moeilik is om te verduidelik. Wel, ek gaan probeer verduidelik.

Johannes 1:14b vertel vir ons Jesus is " ... vol genade en waarheid." Vol beteken dat Jesus nie net half-genade, half-waarheid is nie, maar regtig 100 persent genade en 100 persent waarheid. Hierdie teenstrydigheid is nogal moeilik om te verstaan. Ek stel my 'n glas en twee bekers water voor. Een is vol genade en die ander vol waarheid. Instinktief dink ek dat God die helfte van die glas met genade en die ander helfte met waarheid sal vul. In werklikheid staan God daar met 'n glimlag en gooi alles uit albei bekers in die glas, totdat dit tot oorlopens toe vol is en oor die glas se rand stroom. Dit is wat vol van genade en waarheid is.

Wat doen ons met genade? Genade is daardie onverdiende barmhartigheid en guns wat ons in die wêreld kry. Dit begin klein, soos 'n agtjarige dogtertjie wat haar sitplek op die bus vir 'n swanger vrou afstaan. Dit kan so subtiel wees soos om 'n groot fooitjie vir 'n finansieel sukkelende kelner te gee. Dit kan ook so dramaties wees soos om honderde hawelose vriende vir 'n Kersmaal te nooi. Ongeag hoe dit gegee word, genade is altyd onverdiend. Ons verdien nie genade nie, en tog ontvang ons dit. Moet ons nie ook genade skenk aan hulle wat dit nie verdien nie?

Om 'n volgeling van Jesus te wees, beteken dat genade in ons is. Dit beteken dat ons mag put uit daardie radikale liefde, daardie onverdiende genade. Teen die tyd dat ons besef dat ons gesondig het en vergifnis moet vra, het Jesus ons al oor en oor vergewe. Hoekom? Jesus is vol genade. Vir genade maak dit nie saak of jy konserwatief of vooruitstrewend is, of jy as 'n Christen grootgeword het of nou eers vir God soek nie. Genade is vrylik beskikbaar van nou af tot in ewigheid. Genade het geen witbroodjies, ken geen perke en het geen einde nie.

Vra jouself hierdie Kersfees af: "Waar het ek God se genade ervaar?" Dink daaroor na. Jy sal verbaas wees om te besef dat jy elke liewe dag genade ervaar. Soek dit. Ek verseker jou dit is daar. Jy moet dit net soek. As jy dit eers gekry het, sal die oorweldigende wonderwerk van Kersfees — Christus se geboorte vol genade en waarheid — soveel meer aangrypend wees.

Lee Ayres
InsideOut

Aangaande hierdie leesplan

The Magic Of Christmas

Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van verlies aan iets of iemand. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit wat ons tydens die Kersgety ervaar. Ons nooi jou om die volgende 25 dae saam met die personeel van North Point die wonder van Kersfees te ervaar. Deel in die gesprek by #NPDevo.

More

Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoint.org vir nog inligting