Die Wonder Van KersfeesVoorbeeld

The Magic Of Christmas

DAG 10 VAN 25

"Josef Wie?"

Lukas noem sy naam 'n paar keer; Markus en Johannes glad nie. Die bietjie wat ons van Josef weet, kom uit die paar Bybelverse in Matteus — en dis nie baie nie. Ons weet dat hy soveel vir Maria omgegee het dat hy haar wou beskerm teen die openbare minagting en skande wat vir 'n jong vrou in haar omstandighede bestem was.

Ons weet hy was 'n regverdige man wat geglo het wat die engel van die Here aan hom (in 'n droom; altyd in 'n droom) gesê het, en was dus gehoorsaam in alles wat hy moes doen. Ons weet hy het sy gesin vir die sensus na Betlehem geneem en was vindingryk genoeg om 'n veilige ruimte (alhoewel eenvoudig) aan sy jong bruid te voorsien om geboorte te skenk. Ons weet ook hy het sy jong gesinnetjie van gevaar beskerm toe hy met hulle in die middel van die nag na Egipte gevlug het, om hulle teen Herodes se toorn te beveilig. Sorgsaam, beskermend, regverdig, gelowig, gehoorsaam, versorgend ... sonder om te oordryf, 'n lys van indrukwekkende eienskappe.

Tog was Josef nooit bestem om die hoofkarakter in die verhaal te wees nie. Al was sy rol belangrik, het hy besef dat hy nie die middelpunt was nie — Jesus was. Dis asof hy vrywillig eenkant op die agtergrond gaan staan het sodat die hoofkarakter sy plek kon inneem. In hierdie drama sou hy 'n ondersteunende rol hê, eerder as om in die kollig te wees. Hy was bloot deel van die ondersteuningsrolle en het instinktief hierdie werklikheid beide herken en aanvaar.

Om die waarheid te sê, Josef se beste werk — om Jesus in sy vormingsjare te koester, versorg en leiding te gee — het bykans naamloos gebeur. Geen woord, behalwe die voorval by die tempel toe Jesus twaalf jaar oud was, is ooit aangeteken nie. Hy was 'n verborge en stil vennoot in die ontvouing van God se lewe op aarde. Hy was hoofsaaklik sonder erkenning, onbesonge en onopgemerk — en dit is eenvoudig pragtig.

Gedurende hierdie Kersfeestyd wil ek meer soos Josef wees — om te besef dat Jesus die middelpunt van die verhaal is en my geheime rol op die agtergrond in te neem wanneer ons geroep word om Hom in hierdie donker en gebroke wêreld in te bring.

Ryan Gray
Adult Ministries
Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

The Magic Of Christmas

Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van verlies aan iets of iemand. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit wat ons tydens die Kersgety ervaar. Ons nooi jou om die volgende 25 dae saam met die personeel van North Point die wonder van Kersfees te ervaar. Deel in die gesprek by #NPDevo.

More

Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoint.org vir nog inligting