Die Wonder Van KersfeesVoorbeeld
"Lig"
Die flitslig is een van my gunsteling selfoonfunksies. Een oomblik is ek in algehele donkerte en die volgende oomblik sê ek: "Laat daar lig wees!" Met die druk van 'n knoppie is daar meteens lig. In die lig van my selfoon kan ek met selfvertroue en sekerheid uit die donkerte vorentoe beweeg sonder om teen 'n muur vas te loop. Lig is 'n goeie ding!
Ek dink God stem met my saam. Trouens, in Genesis 1:3 lees ons die volgende nadat God die hemel en aarde geskape het: "Toe het God gesê: 'Laat daar lig wees! ...'" Meteens was daar lig. God het gesien dat die lig goed was en Hy het lig en donkerte van mekaar geskei. Van daardie oomblik af was daar 'n groot kontras tussen lig en donkerte. Om die waarheid te sê, daar is 'n simboliese tema van sedelike teenkanting wat regdeur die Bybel ontwikkel het, en ons ervaar dit daagliks in ons lewens. Lig is 'n woord en begrip wat in verband met blydskap, seën en lewe gebruik word. Donkerte is 'n woord en begrip wat met hartseer, teëspoed en dood verbind word. Lig verteenwoordig die goeie en donkerte die bose.
Dit was baie kreatief van God om lig te gebruik, of meer spesifiek, 'n lig in die lug, sodat die mens die Lig van die Wêreld kon ontdek. Ons weet uit die Kersverhaal dat 'n lig (ster) skielik in die lug verskyn het. Hierdie lig het die wyse manne na Jesus toe gelei. Dit was God wat weer 'n keer gesê het: "Laat daar Lig wees." Hierdie Lig is beslis 'n goeie ding. Die Lig wat God in die wêreld gestuur het, bring blydskap te midde van ons hartseer, seëninge te midde van teëspoed en lewe in ons dood. Die Lig is die rede hoekom die bose deur die goeie oorheers word en ons die pad vorentoe duidelik kan sien. Lig wat in die wêreld inkom, is 'n yslike feesviering waardig.
Terwyl ons dus die wonder van Kersfees vier, laat ons ook die goedheid van die Lig bedink en onthou om ons ligte gedurende Kersfees en regdeur die jaar te laat skyn.
Donald Smith
Care Network

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van verlies aan iets of iemand. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit wat ons tydens die Kersgety ervaar. Ons nooi jou om die volgende 25 dae saam met die personeel van North Point die wonder van Kersfees te ervaar. Deel in die gesprek by #NPDevo.
More
Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoint.org vir nog inligting