Die Wonder Van KersfeesVoorbeeld

The Magic Of Christmas

DAG 16 VAN 25

"Wees Stil"

Vrede. Ek wonder dikwels hoe ingrypend 'n gesonde dosis vrede ons lewens sou verander in 'n wêreld aangedrewe deur streng sperdatums, deurlopende beoordeling, dringende versoeke, verkeersknope, eindelose aanmanings, 'n genadelose e-pos-mandjie en ure in die kruidenierswinkel.

Kersfeestyd vererger gewoonlik hierdie deurmekaarspul deur ons te dwing om datums, partytjies, reise, finansies en die gesin te koördineer. Hoe sou ons lewens lyk as ons vrede tot diep in ons binneste genooi het? Nou praat ek nie van 'n uur se jogaklas twee maal per week, 'n halfuur by die gimnasium of selfs 'n stappie om die blok na ete om die bloedsirkulasie te verbeter (of van die geraas by die huis te ontsnap nie).

Moenie my misverstaan nie. Hierdie is goeie dinge, tydelike voorskrifte vir voorwaardelike vrede en selfs die behoud van ons gesonde verstand. Hulle is egter vlietend en word gou deur die chaos en dringendheid van die lewe vervang.

Christus daag ons uit om dieper as die fisieke te delf. Hy daag ons uit om vrede in ons daaglikse denke, hart, siel en gees in te nooi.

Vrede, as 'n gemoedstoestand, is nie van ons fisieke omgewing afhanklik of word nie deur ons huidige omstandighede voorgeskryf nie.

Vrede, as 'n hartstoestand, is onvoorwaardelik en blywend, selfs wanneer die lewe om ons gejaagd en besig voorkom.

Vrede, as 'n sieletoestand, is veel meer as wat ons deur oordenkings en stiltetye leer. Dit herinner ons regdeur die dag dat ons intens geliefd en kragdadig verlos is.

Vrede, as 'n geestestoestand, herinner ons, selfs wanneer die kinders ons geweldig irriteer of as dit lyk of niks by die werk goed verloop nie, dat Christus se begeerte vir jou hart is om in vrede, rus, kalmte en stilte in Hom te bly.

Hoe kan ons ten volle bewus van vrede lewe in plaas van om dit as 'n vlietende emosie te ervaar? Wees stil.

"Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde" (Psalm 46:11).

Soos C.S. Lewis in "Mere Christianity" dit stel: "God kan ons geen vrede en geluk skenk sonder Hom nie, want daar is nie so iets nie" (bl. 50).

As ons God deur die loop van die dag vind, dan vind ons vrede. "Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle ..." (Johannes 14:27). Kom ons begin gedurende hierdie Kersfeestyd om met vrede as deel van ons daaglikse wandel te lewe en nie as toevlugsoorde afgesonder van die wêreld nie.

Jesse Barr
Facilities
Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

The Magic Of Christmas

Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van verlies aan iets of iemand. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit wat ons tydens die Kersgety ervaar. Ons nooi jou om die volgende 25 dae saam met die personeel van North Point die wonder van Kersfees te ervaar. Deel in die gesprek by #NPDevo.

More

Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoint.org vir nog inligting