Die Wonder Van Kersfees KRY NIE HIERDIE LEESPLAN IN DIE BYBELTOEP NIEVoorbeeld
"'n Betowerende Sterrenag"
Hoeveel lang, uitputtende dae het die skaapwagters deurgebring om hulle skaaptroppe te laat wei, te beskerm en te versorg? Hoeveel nagte het hulle na die sterrehemel gekyk? Ek wonder waaraan hulle gedink het en of hulle daar teen die heuwel gebid het?
Op 'n doodgewone nag, terwyl die skaapwagters met hul take besig was, het die naghemel opgehelder. Ook die heuwel — hulle heuwel — is omgeef om 'n spesiale boodskap vir hulle te bring. Ongelooflik! Die beloofde Verlosser het na hulle toe gekom. Daar is aan hulle vertel waar hulle die baba sou kry! Daar is aan hulle gesê waar hulle die Messias sou vind.
Hulle sou vir God sien. Hulle is genooi om God te sien.
Indien die pasgebore Verlosser in 'n paleis gebore was, sou die skaapwagters waarskynlik nie bo-aan die gastelys gewees het nie. Hulle was egter net reg aangetrek vir 'n stal en sou heeltemal gemaklik voel om daar besoek af te lê.
Ek wonder of 'n gedeelte van die skaapwagters se boodskap ook vir ons is. Te midde van ons gewone lewens wil God ons ontmoet en aan ons openbaar wie Hy is. Hy is 'n intieme, liefdevolle God wat verkies het om as 'n hulpelose babatjie in 'n onwelriekende stal na ons toe te kom.
Jesus is 'n geskenk van liefde, barmhartigheid en genade. Hy het die krag om ons te red.
Wat 'n God!
Lori Keim
Weekday

Aangaande hierdie leesplan
Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van verlies aan iets of iemand. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit wat ons tydens die Kersgety ervaar. Ons nooi jou om die volgende 25 dae saam met die personeel van North Point die wonder van Kersfees te ervaar. Deel in die gesprek by #NPDevo.
More
Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoint.org vir nog inligting