Die Wonder Van KersfeesVoorbeeld

The Magic Of Christmas

DAG 24 VAN 25

"Ek Is Wie Ek Is"

Alhoewel ons meer dikwels lees en praat van: "Die Here" (soos in ons Afrikaanse Bybels), is die oorspronklike Hebreeuse vertaling Jahweh, wat letterlik "Ek is" beteken. Dit is terselfdertyd eenvoudig en ontsagwekkend. Dit bevestig bestaan, maar ook 'n aktiewe teenwoordigheid. Een van die eerste kere wat God só na Homself verwys het, was teenoor Moses nadat hy uit Egipte gevlug het. Moses pas iemand se trop skape op, onseker oor sy toekoms en vermoë om sy omstandighede te verander. Hy was 'n mens soos ek en jy en het 'n persoonlike God ontmoet wat die enigste, ware "Ek is" is.

Vir baie mense is die vakansie 'n tyd wanneer familie en vriende bymekaar kom om die lewe te vier. Aan die ander kant, kan dit ook 'n tyd wees wat ons aan geliefdes herinner saam met wie ons nie meer kan feesvier nie. Enkele jare gelede het ek my pa na 'n lang en pynlike stryd teen kanker verloor. Soms worstel ek nog met my familie se verlies en die gedagte dat my pa nooit vrede gehad het vandat hy uitgevind het dat hy 'n ongeneeslike siekte het nie. Omdat hy nie antwoorde op die "waarom" en "hoekom" vrae gehad het nie, was hy met vrees en bitterheid gevul. Nou het ek my eie stel "waarom" en "hoekom" vrae, maar ek het geleer om te berus in die wete dat Jahweh verstaan, selfs wanneer ek nie verstaan nie.

Hy is besorg oor ons, hoor ons roep, en het 'n plan wat ons beste pogings vér oortref. Ondanks twyfel, hartseer en vrese, sê God nog steeds: "Ek is wie Ek is." Hy is die Trooster wat jy nodig het. Hy is die Gids na wie jy verlang. Hy is die Waarheid waarvoor jy soek. In hierdie vakansietyd, ongeag ons omstandighede, kan ons vreugde en vrede deur Jahweh hê. Die antwoord op ons lofprysing, ons uitroepe, ons hoop en ons vrese is eenvoudig: "Ek is."

Matthew Carrroll
Facilities
Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

The Magic Of Christmas

Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van verlies aan iets of iemand. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit wat ons tydens die Kersgety ervaar. Ons nooi jou om die volgende 25 dae saam met die personeel van North Point die wonder van Kersfees te ervaar. Deel in die gesprek by #NPDevo.

More

Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoint.org vir nog inligting