Die Wonder Van KersfeesVoorbeeld

The Magic Of Christmas

DAG 25 VAN 25

"Gebore as 'n Nul"

Dit is uiteindelik hier ... dis Kersdag! Hierdie mees spesiale dag van alle dae hou 'n spesiale bekoring in, nie waar nie? Hoekom dan so? Gaan dit oor al die geskenke, versierings, maaltye en byeenkomste van vriende en familie? Ja, maar daar is ook soveel meer ...

Dit is omdat ons vandag, dwarsoor die wêreld, die Verlosser se geboorte vier!

Volgens Jesaja 9:5-6 sou mens dink die profeet kondig die geboorte van 'n aardse koning met trompetgeskal, optogte en feeste aan! God het egter ander planne gehad. Jesus, die Messias, sou nie gebore word met die feesviering van 'n held nie. Hy sou as 'n nul gebore word. Hy is nie in weelde en mag of met voorregte gebore nie. Hy is nie eens binnenshuis gebore nie, maar in 'n stal, aan 'n ongetroude tiener en omring deur vee. Hy is nie as 'n koning gebore nie.

Jesaja 53:2-3b sê : "... Hy het nie skoonheid of prag gehad dat ons na hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie. Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai ..."

Nie 'n held nie. 'n Ronde nul. Dit was egter die volgende wat God se uiteindelike geskenk aan ons so buitengewoon maak: Ons Verlosser se ware heerlikheid, krag en doel sou deur sy onderrig, medelye, liefde en uiteindelike offer sigbaar word.

Christus het nederig na die wêreld toe gekom en hier op die nederigste wyse gewoon, sodat Hy ons eie vreugdes, pyn, hartstogte en hartseer eerstehands kon ervaar. Dit het Hom op 'n gelyke speelveld met elkeen van ons geplaas.

Vandag vier ons dus die geboorte van 'n Koning — nie sommer van enige koning nie. Die Koning van alle konings wat ons grootste vreugdes en diepste pyn waarlik kan verstaan. Iets sê vir my dat jy vandag ook een van daardie emosies ervaar.

Vandag mag met vreugde gevul wees. Of vandag mag die moeilikste dag van die jaar wees. In die oë van ons hemelse Vader, is jy egter na sy beeld geskape. JY is 'n geskenk in sy oë, en ek bid dat jy in daardie waarheid vertroosting vind.

Mag die vrede van Christus vandag met jou wees, en Gelukkige Kersfees!

Reid Greven
Media
Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

The Magic Of Christmas

Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van verlies aan iets of iemand. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit wat ons tydens die Kersgety ervaar. Ons nooi jou om die volgende 25 dae saam met die personeel van North Point die wonder van Kersfees te ervaar. Deel in die gesprek by #NPDevo.

More

Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoint.org vir nog inligting