Die Wonder Van KersfeesVoorbeeld
"Wysheid van die Wyse Manne"
My seuntjies besit 'n bekende stelletjie van die geboortetoneel. Dit word elke jaar saam met ons Kersversierings met groot seremonie uitgehaal. Dit is dan 'n eer om die aanvanklike rangskikking van hierdie geliefde geboortetoneel in ons huis te doen. Daar is die gewone karakters: Maria, Josef, baba Jesus, skaapwagters, beeste, skape en die verligte engel.
Dan is daar die wyse manne. Ondanks die feit dat die wyse manne normaalweg deel van die geboortetoneel is — soos in myne — glo baie dat hulle nie regtig op die toneel van Jesus se geboorte was nie. Al is daar baie vrae hieroor, voel ek tog deur hulle verhaal uitgedaag en bemoedig. Die wyse manne is gelei om die pasgebore Koning te soek en te aanbid. Hulle het op 'n roeping in hulle lewens gereageer.
Staan ek in 'n verhouding met Jesus en onderwerp ek my aan Hom sodat ek sy roeping vir my lewe kan hoor? Sal ek daarop reageer?
Die wyse manne was vasberade om die nuwe Koning te aanbid. Hulle het vanuit die ooste gereis, moontlik uit Jemen of China, met Betlehem as die uiteindelike bestemming. Lank voor vliegtuie, treine en motors, het die tog van meer as 1609 kilometer, ongeveer twee jaar geduur. Niks van die tog was gerieflik of maklik nie, nogtans het hulle volhard om die koninklike Baba te gaan aanbid.
Is ek so getrou en vasberade in my daaglikse wandel met Jesus?
Die wyse manne was oorstelp van vreugde oor die belofte van die Messias wat vervul is en het nie die koms van 'n pasgebore (moontlik 'n kleuter) Koning bevraagteken nie.
Hou my vreugde op wanneer sy planne vir my anders lyk as wat ek my voorgestel het?
Die wyse manne het doelbewus geskenke — geskik vir 'n koning — saamgebring.
Watter geskenke bring ek vir Jesus? Kry Hy my allerbeste of my oorskiet?
Die wyse manne was dapper. Nadat hulle in 'n droom oor koning Herodes gewaarsku is, was hulle dapper genoeg om nie die koninklike bevele te gehoorsaam en so hulle lewens te waag nie. Later het Herodes 'n bevel uitgevaardig om alle tweejarige seuntjies en jonger dood te maak. Ek is seker dat 'n doodsvonnis ook oor die wyse manne uitgespreek is.
Hoe kan ek dapperder wees in my wandel met die Here? My lewe is nie in gevaar wanneer ek dapper in die geloof is nie; waarom is ek dan beskeie en bang?
Dankie Here, vir die voorbeeld van die wyse manne. Help my om hul getroue gehoorsaamheid te onthou wanneer ek die geboortetoneel gedurende hierdie wonderlike tyd sien.
Heather Judd
UpStreet

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van verlies aan iets of iemand. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit wat ons tydens die Kersgety ervaar. Ons nooi jou om die volgende 25 dae saam met die personeel van North Point die wonder van Kersfees te ervaar. Deel in die gesprek by #NPDevo.
More
Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoint.org vir nog inligting