Die Wonder Van KersfeesVoorbeeld
"Om na die Verkeerde Koning te Kyk"
"In die tyd van koning Herodes van Judea ..." (Lukas 1:5).
Koning Herodes die Grote was die magtigste man in die hele Judea. Hy het swierige paleise en 'n stad teen die Middellandse See gebou wat met Rome kon meeding. Hy kon enigiets hê wat geld kon koop of mag kon verower. Sy onderdane was jaloers en het gespot oor hoeveel kos een van Herodes se paleise kon koop. Hulle het geweet Herodes is selfsugtig en onseker oor homself, maar die verraderlike ding was dat hulle heimlik alles wou hê wat Herodes gehad het. Die selfsugtige verdrukker het al die mag en geld gehad, en sy onderdane het gedink dis wat hulle wou hê.
Terwyl almal se oë op Herodes was, is 'n nuwe koning — die beloofde Messias — gebore in die eenvoudigste en mees onopsigtelike omstandighede wat jy jou kan voorstel. Die omgewing van sy eenvoudige geboorte het die weg gebaan vir sy lewe van onbaatsugtigheid en liefde. 'n Nuwe koninkryk het aangebreek en byna niemand het dit herken nie. Dit was nie wat hulle verwag het nie.
Daar is vandag 'n oorvloed verdrukkers in die wêreld onder wie mense ly. Blykbaar het onbeperkte mag en geld 'n geneigdheid tot korrupsie, maar die mensdom het steeds 'n begeerte na albei. Ons haat leiers wat mense onderdruk, maar ons begeer nogtans wat hulle het.
Soms dink ek, as ek 'n koninkryk het, sal ek dinge anders doen. Trouens, ek is deel van 'n koninkryk — die grootste koninkryk op aarde wat deur 'n almagtige Koning gelei word, en vir wie ek bepaalde dinge moet doen.
"Die Gees van die Here my God het oor my gekom; die Here het my gesalf om 'n blye boodskap te bring aan die mense in nood, Hy het my gestuur om dié wat moedeloos is, op te beur, om vir die gevangenes vrylating aan te kondig, vryheid vir dié wat opgesluit is, om aan te kondig dat die tyd gekom het waarop die Here genade betoon ..." (Jesaja 61:1-2).
Ek is so dankbaar teenoor my Koning, maar die lawaai van ander konings ontwrig soms my sienswyse. Dankbaarheid moet plek maak vir dade. Om ruimskoots geseën te word spreek van vertroue en verantwoordelikheid. Die Gees van die Here my God het oor my gekom. Die wonder van Kersfees is dat my Koning my gekies het om deur my dade 'n deel van die verkondiging van die blye nuus aan mense in nood te wees.
Wat moet ek dus doen? Vir wie moet ek help? Ek vind vertroosting in die wete dat my Koning dit reeds bepaal het. Ek hoef net te vra, te luister en gewillig te wees om op te tree.
Durwood Snead
global(x)

Aangaande hierdie leesplan
Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van verlies aan iets of iemand. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit wat ons tydens die Kersgety ervaar. Ons nooi jou om die volgende 25 dae saam met die personeel van North Point die wonder van Kersfees te ervaar. Deel in die gesprek by #NPDevo.
More
Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoint.org vir nog inligting