Die Wonder Van KersfeesVoorbeeld
"Die Mooiste Kerslied"
Wat is jou gunsteling Kerslied? Ek wed jou as ek vra dat jy dit nou fluit of neurie, jy die melodie maklik sal regkry. Soos jy weet, is 'n melodie 'n reeks individuele note wat opeenvolgend gespeel word om 'n lied te skep.
Dink nou aan jou geliefkoosde uitvoering van daardie lied. Ek wed jou weer dat jy aan 'n weergawe gedink het wat pragtige harmonieë van stemme of instrumente insluit.
'n Harmonie word geskep wanneer twee of meer note wat verskillend klink, saamgevoeg word om 'n voller en pragtiger klank voort te bring. Dit is so dat jy net 'n melodie nodig het om 'n eenvoudige liedjie te skep, maar dis harmonie wat 'n lied in geheel vorm gee.
'n Melodie gee lyf aan 'n liedjie.
'n Harmonie gee siel aan daardie lyf.
Jesus se geboorte het harmonie in 'n wêreld van individuele liedjies gebring. Die mensdom kon nooit sy volle potensiaal en voortdurende hunkering na betekenis bereik nie.
Ons het Jesus nodig gehad om dit te verander. Deur sy geboorte, offer en opstanding, is ons nou meer as bloot individuele note. Dis soos my geliefkoosde Kerslied, O Heilige Nag, dit stel:
Lê die wêreld lank in sonde en dwaling,
Met sy verskyning het die siel sy waarde ervaar.
Jesus het harmonie tussen ons en God die Vader gebring. Hy maak ons liedere pragtig.
Dit eindig egter nie hier nie. Ons is nou nie net in staat om in harmonie met ons Skepper te lewe nie, maar ons is geroep om die harmonie vir die wêreld te wees. Paulus stel dit baie goed in sy brief aan die Romeine:
"Wees eensgesind onder mekaar. Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie eiewys wees nie" (Romeine 12:16).
God roep ons nie om slegs 'n bondel verskillende melodieë te wees wat met mekaar wedywer in 'n poging om die mooiste lied te wees nie. Hy roep ons om in harmonie te lewe — om almal bymekaar te bring en om so 'n verenigde lied te skep wat Hom verheerlik.
Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal bymekaar kom, maar dis maklik dat ons aandag deur ons verskille afgelei word. Vra vir God om in hierdie maand die harmonie tussen jou en Hom duidelik te maak en dank Hom daarvoor. Opeenvolgend, weerspieël daardie harmonie aan diegene wie se lewens daarna smag om mooier gemaak te word.
Cory Draper
Media

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van verlies aan iets of iemand. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit wat ons tydens die Kersgety ervaar. Ons nooi jou om die volgende 25 dae saam met die personeel van North Point die wonder van Kersfees te ervaar. Deel in die gesprek by #NPDevo.
More
Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoint.org vir nog inligting