Die Wonder Van KersfeesVoorbeeld

The Magic Of Christmas

DAG 6 VAN 25

"Moenie Vrees Nie"

Kersfees is veronderstel om die wonderlikste tyd van die jaar te wees. Alles en almal is feestelik getooi! Daar is partytjies om by te woon, die radio speel vrolike musiek en daar is 'n oordaad van kos en geskenke. Ongelukkig is daar ook 'n ander kant aan dié vakansietyd.

Vir baie mense is Kersfees ook 'n tyd van diepe eensaamheid, spanning en vrees. Dalk het jy iemand verloor, gaan jy deur 'n egskeiding of is jy bekommerd oor hoe jy finansieel kop bo water gaan hou. Dan is daar nog nie eens sprake van geskenke onder die Kersboom nie. Die samelewing se weergawe van dié vakansietyd kan nogal oorweldigend wees, en angstigheid en depressie veroorsaak.

Nietemin, hierdie gevoelens is nie buitengewoon in ons huidige kultuur nie. Sedert die eerste Kersfees, skuil bekommernis en vrees al in die agtergrond. Daar was baie dinge waarvoor die karakters in die Kersverhaal bang kon wees. Josef, Maria, die skaapwagters en die wyse manne het almal geleef in 'n wêreld wat met vrees en onsekerheid gevul was. God was daarvan bewus en het dus sy engel Gabriël gestuur om die goeie nuus van 'n Verlosser te bring. Elke keer wat Gabriël die boodskap gebring het, het hy begin met: "Moenie bang wees nie."

Wat kan ons hieruit leer? Eerstens, ek is seker dat engele nogal skrikwekkend is! Tweedens, selfs in die vreesaanjaendste omstandighede, het God 'n plan. Hierin lê die wonder van Kersfees opgesluit. Jesus wat in 'n stal in die woestyn gebore is, tydens die regering van 'n tiran, was die Hoop van die mensdom. Dít is wat ons vier. Jesus bly ons hoop, ongeag wat in ons lewens of in die wêreld gebeur.

Jessica Arnette
Care Network
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Magic Of Christmas

Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van verlies aan iets of iemand. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit wat ons tydens die Kersgety ervaar. Ons nooi jou om die volgende 25 dae saam met die personeel van North Point die wonder van Kersfees te ervaar. Deel in die gesprek by #NPDevo.

More

Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoint.org vir nog inligting