Die Wonder Van KersfeesVoorbeeld
"Die Opwinding van Hoop"
Is daar enigeen meer opgewonde as 'n kind gedurende Kerstyd? Pinterest is vol idees hoe om self kalenders te maak om die ewige vraag te help beantwoord: "Hoeveel dae nog voor Kersfees?" Kinders is vol verwagting — of hoop — dat hul begeertes met 'n nuwe pophuis of 'n rekenaarspeletjie onder die Kersboom vervul sal word.
Hulle bring ure deur om met die geskenke te peuter, desperaat om agter te kom wat in elkeen is. Dan breek Oukersaand aan en die afwagting is amper meer as wat hul hartjies kan hanteer. Hulle lê amper heelnag wakker, wagtend vir die eerste stukkie sonlig om hul ouers te bespring met die verklaring dat dit uiteindelik Kersfees is!
Stel jou voor, jy het in die dae voor Jesus se geboorte gelewe. Politieke duisternis het in die streek geheers, onderdrukking en moedeloosheid was aan die orde van die dag. God het belowe dat Hy eendag 'n Verlosser sou stuur. Na die verloop van eeue, was die belofte steeds nie volbring nie. Jy sal verstaan dat baie mense hoop verloor het. Baie het selfs opgehou glo.
Dié wat wel nog geglo het, het uitgesien na 'n gebeurtenis wat die mensdom sou hervorm — 'n gebeurtenis wat hulle gedink het, deur die kragtige hand van 'n groot oorwinnaar sou kom. 'n Magtige koning sou die volk van onderdrukking en slawerny kom red. In plaas daarvan, het 'n bang jong vrou onder ongelooflike omstandighede aan 'n kind geboorte geskenk. Hul Kersfees (Verlosser) se verhaal was nie wat hulle verwag het dit sou wees nie.
"Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem" (Jesaja 7:14).
"Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!" (Lukas 2:11).
Jesus se geboorte verteenwoordig 'n vervulde belofte. Die wêreld om ons mag donker lyk en dit mag voel of ons gebede net met stilte begroet word, maar daar is altyd rede om te hoop. Hy vervul al sy beloftes. Hoe sou dit wees as ons gedurig in afwagting gelewe het oor wat God in staat is om te doen? Mag hierdie Adventtyd 'n tyd van afwagting wees vir al die wonderlike dinge wat God vir ons wil doen. Sy beloftes word altyd vervul!
Shana Hamrick
Weekday

Aangaande hierdie leesplan
Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van verlies aan iets of iemand. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit wat ons tydens die Kersgety ervaar. Ons nooi jou om die volgende 25 dae saam met die personeel van North Point die wonder van Kersfees te ervaar. Deel in die gesprek by #NPDevo.
More
Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoint.org vir nog inligting