Die Wonder Van KersfeesVoorbeeld

The Magic Of Christmas

DAG 4 VAN 25

"Die Betowering van die Mosaïek"

Terwyl ek grootgeword het, het ek, my broers en susters, stilletjies gewedywer wie vir Ma en Pa die mees oorspronklike geskenk — wat hulle die meeste sou beïndruk — op Kersoggend kon gee. Een jaar was die wenner 'n geraamde foto van ons ouers as hoërskool-geliefdes met hul name daarop gegraveer. Die volgende jaar, in 'n poging om 'n betowerende oomblik vir my ma op Kersoggend te skep, het ek die naaimasjien afgestof en van al haar geliefkoosde T-hemde — insluitende my pa se ou hoërskool rugbytrui — 'n gewatteerde deken vol herinneringe en sentimentaliteit gestik.

Die wonderlike aanmekaargelaste deken het 'n verhaal van skynbaar onverwante gebeure wat saamgevoeg is, 'n nog pragtiger verhaal laat vertel. Die T-hemp flentertjies is aanmekaar vasgewerk. Ma se Kersfees sou betowerend wees en ek sou wen.

Koning Dawid het die kuns verstaan hoe om dinge bymekaar te voeg as uitdrukking van sy liefde. Wedywering tussen broers en susters mag hom dalk nie gemotiveer het nie, maar die koning van Israel wou graag 'n tempel bou tot eer van die God wat hy liefgehad het. Hierdie skaapwagterseun wat koning geword het, het begeer om 'n plek te bou waar die Gees van God kon woon; hy het na die teenwoordigheid van die Here gesmag.

God het egter 'n ander plan gehad om nader aan sy mense te kom.

God was besig om 'n nalatenskap aanmekaar te weef wat nie tot 'n gebou beperk kon word nie. Die mosaïek van God se verhaal is bymekaar gebring op 'n manier wat Dawid se wildste drome oortref het. God sou Dawid se familie gebruik om sy doelwitte te bereik.

"... Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg" (Jesaja 9:6b).

God het 'n Verlosser uit die geslag van Dawid gestuur, en sy naam sou Jesus wees. Net soos Dawid, sou Hy ook as 'n herder en koning bekend staan, maar geen koning van Israel sou sy gelyke hê nie. Hy sou nie in 'n tempel woon nie, maar die vervulling van 'n belofte wees. Hy sou ons Immanuel wees — God by ons.

Holly Goddard
Waumba Land

Aangaande hierdie leesplan

The Magic Of Christmas

Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van verlies aan iets of iemand. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit wat ons tydens die Kersgety ervaar. Ons nooi jou om die volgende 25 dae saam met die personeel van North Point die wonder van Kersfees te ervaar. Deel in die gesprek by #NPDevo.

More

Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoint.org vir nog inligting