Die Wonder Van KersfeesVoorbeeld
"Christus: Dis Nie 'n Van Nie"
Voornaam. Van. In die Westerse samelewing is ons gewoond daaraan om iemand se naam so te skryf.
Terwyl ons Kersfees nader, is dit belangrik om kennis te neem dat Jesus se ouers nie Maria en Josef Christus was nie. Tot die ergernis van my kinders (wat my so dikwels gevra het), is Christus nie Jesus se van nie. Christus is net so 'n belangrike deel van sy Naam — sy unieke Naam.
Jesus was ten volle mens — 'n mens met emosies, eetlus en behoeftes; net soos ons. Indien jy ooit gefrustreerd was in jou probeerslae om 'n verhouding met God te vestig, weet dan dat Hy geweldig baie moeite gedoen het om in 'n verhouding met jou te tree. Jesus van Nasaret was en is God se deernisvolste offerande.
Christus is egter net so belangrik. Die woord "Christus" het sy oorsprong by die Griekse woord "Christos" wat die "uitverkore een" of "gesalfde een" beteken. Herhaalde kere is daar in die Ou Testament op die koms van 'n Messias of Christus gesinspeel, wat nie deur 'n aardse koning gesalf sou word nie. In plaas daarvan, sou hierdie een deur die hemelse Koning gesalf word, en dus die Christus wees.
In 1 Kronieke 17:11-14 lees ons dat hierdie Christus oor wie geprofeteer is, van God sou kom om "sy koninkryk te vestig" en "sy troon blywend te vestig".
Jesaja 9:5 sê vir ons "... Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors." Alhoewel Hy nie gekom het soos ons sou dink nie, het Hy wel gekom. In liefde, toegevou in doeke, het hy opgedaag.
Teen die tyd dat Hy 'n man was, het hy sommige genooi om Hom te volg. Hy nooi ook vir ons. In Johannes 1:41 stel Andreas, een van sy eerste volgelinge, dit so treffend:
"... Ons het die Messias gekry! Messias beteken Christus."
Terwyl ons vir Kersfees wag, onthou dat ons nie bloot wag om die geboorte van 'n Baba te vier nie. Ons vier die Christus, die vervulling van God se belofte, die versekering dat die Woord van God waar is, en die sekerheid dat Hy nog steeds vertrou kan word. Dank God vandag vir Jesus, die mens, en Christus, die Redder wat God gestuur het. Per slot van rekening, soos Andreas gesê het, ons het die Messias (dit is Christus) gevind!
Clay Scroggins
Lead Pastor

Aangaande hierdie leesplan
Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van verlies aan iets of iemand. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit wat ons tydens die Kersgety ervaar. Ons nooi jou om die volgende 25 dae saam met die personeel van North Point die wonder van Kersfees te ervaar. Deel in die gesprek by #NPDevo.
More
Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoint.org vir nog inligting