Hemelse Gesange: 'n 12-dag Leesplan deur Phil WickhamVoorbeeld
Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur op die video-instellings, subtitels, Afrikaans te klik.
Hart Gevul met Lofprysing
Skrifgedeelte: Psalm 145
Ons het by die laaste dag van hierdie leesplanreeks gekom. Baie dankie dat jy by my aangesluit het terwyl ons 'n paar gedagtes en Skrifgedeeltes by hierdie twaalf liedjies gevoeg het. Die laaste lied waarna ons vandag kyk, is "Heart Full of Praise." Ek het hierdie liedjie aan die einde van my album geplaas omdat dit by hierdie punt my gebed is en ek hoop dat jou hart ook nou hier, teen die einde van die album, sal wees: vol lof aan die Een wat dit waardig is; die Een wat red, roep, verlos, herstel en jou laat herleef. Die Een wat alles geskep het en in die hoë en heilige plek sit, maar vandag ook langs jou as jou Vriend is.
Vandag moedig ek jou aan om die volgende Skrifgedeelte te lees en Hom doelbewus te loof. Sing vir Hom 'n nuwe lied. Jy kan selfs na hierdie liedjie luister waar jy ook al na musiek luister, en laat jou aanbidding jou huis, jou werk, die motor en/of koffiewinkel deurstroom. Dit maak nie saak waar jy jouself vandag bevind nie, Hy is dit werd.
“Ek wil u lof verkondig, my God en Koning, ek wil u Naam altyd loof.
Elke dag wil ek U loof, ek wil u Naam altyd prys.
Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik.
Geslag na geslag prys wat U doen en vertel van u magtige dade,
van die luister, die heerlikheid van u majesteit. Ek wil getuig van u magtige dade,
sodat die mense oor u wonderdade sal praat. Ek wil van u grootheid vertel.
Sonder ophou moet hulle u groot goedheid verkondig en oor u reddingsdade jubel.” (Psalm 145:1-7,
21).
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Welkom by die Hemelse Gesange leesplanreeks. Elke daaglikse leesplan val saam met 'n ander liedjie uit my album, "Hymn of Heaven". Hierdie liedjies is geskryf om luisteraars tydens aanbidding te inspireer, en ek bid dat hierdie reeks dieselfde vir jou doen terwyl jy saamlees. Baie dankie aan my vriend en pastoor, Benji Horning, wat my gehelp het om hierdie gedagtes lewendig te maak. Ons bid dat jy geseënd sal wees!
More