Hemelse Gesange: 'n 12-dag Leesplan deur Phil WickhamVoorbeeld

Hymn of Heaven: A 12 Day Devotional With Phil Wickham

DAG 10 VAN 12

Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur op die video-instellings, subtitels, Afrikaans te klik.

Kyk na Jesus

Skrifgedeelte: Markus 8:22-25 / Hebreërs 12:1-2

Daar is niks in hierdie lewe wat nie ten goede verander as ons dit deur Jesus se lens sien nie. In ons vrees kan ons sy volmaakte liefde onthou wat aan die kruis geopenbaar is en wat reeds oorwin is. In ons gebrokenheid kan ons na sy genesende krag kyk. In die storms van die lewe kan ons na Hom kyk as die stem wat bevele aan die wind en golwe gee. In die aangesig van die dood kan ons Hom sien as ons opstanding. Die beproewing word 'n geleentheid vir sy krag en getrouheid om vertoon te word. Jou nood sal Hom weer as jou Voorsiener openbaar. Die vreugdes en oorwinnings sal na Hom wys as die Gewer van alle goeie dinge. Die pragtige sonsondergange en die skouspelagtige naghemel wat gesien word deur sy oë, sal ons harte weer wakker maak vir sy skoonheid en hoe Hy dit alles daar geplaas het sodat ons in verwondering oor sy heerlikheid kan nadink.

As dit die geval is, hoekom faal ons so dikwels om na alles deur Jesus se lens se kyk?

By een geleentheid het Jesus 'n blinde man uit die skare weggeneem; en in die evangelie van Markus word 'n twee-stap genesing van hierdie man se sig beskryf. Dit het baie mense laat kopkrap. Hoekom twee stappe? Een van die redes is bloot dat dit is hoe dit gebeur het, wat dui op die historiese akkuraatheid van die teks. Die tweede is dat Jesus in die volgende gedeelte die onvermoë van die dissipels uitgewys het om die bediening van Jesus ten volle te sien. Derdens sien ons dat Jesus nie wil hê dat ons net halfpad moet sien nie, maar dat Hy meedoënloos tot ons volle en totale heelheid verbind is. “Daarna het Jesus weer sy hande op sy oë gesit. Die man het sy oë oopgemaak, en hulle was reg. Hy het alles duidelik gesien” (Markus 8:25). Let ook op dat die "man aandagtig gekyk het" en dan word sy sig herstel. Ek wonder hoeveel sal verander bloot deur aandagtig na Jesus en deur sy lens te kyk — die outeur en voleinder van ons geloof.

So kan jy Jesus toelaat om jou lens te wees:

1. In plaas daarvan om deur jou loopbaan, jou verhoudinge, jou opvoeding, die ekonomie, ens. na die lewe te kyk, laat Jesus eerder jou lens wees.

2. Wees doelbewus met dit waarna jy fisies kyk. Dit was nog altyd makliker om afgelei te word deur wat ons sien. Probeer om jou skerm af te skakel en gaan kyk na die skoonheid van die skepping, die gesig van 'n geliefde, die seëninge om jou, en dank jou Gewer daarvoor.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Hymn of Heaven: A 12 Day Devotional With Phil Wickham

Welkom by die Hemelse Gesange leesplanreeks. Elke daaglikse leesplan val saam met 'n ander liedjie uit my album, "Hymn of Heaven". Hierdie liedjies is geskryf om luisteraars tydens aanbidding te inspireer, en ek bid dat hierdie reeks dieselfde vir jou doen terwyl jy saamlees. Baie dankie aan my vriend en pastoor, Benji Horning, wat my gehelp het om hierdie gedagtes lewendig te maak. Ons bid dat jy geseënd sal wees!

More

Ons wil graag dankie sê vir Fair Trade Services & Phil Wickham wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://philwickham.com/