Hemelse Gesange: 'n 12-dag Leesplan deur Phil WickhamVoorbeeld

Hymn of Heaven: A 12 Day Devotional With Phil Wickham

DAG 7 VAN 12

Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur op die video-instellings, subtitels, Afrikaans te klik.

Sy Naam Is Jesus

Skrifgedeelte: Hebreërs4:14-16

Die eerste sin van hierdie lied is my gunsteling. “The King is in the room.” Die afgelope tyd het dit vir my al hoe duideliker geword hoe waar hierdie stelling altyd is. God is by ons. Verlede Kersfees het ek baie nagedink oor die naam Immanuel, wat “God by ons” beteken. Dit is 'n pragtige waarheid om te onthou: hoe Hy ons kom ontmoet het, presies waar ons was. Hy het lug ingeasem en op die grond geloop. Hoe meer ek egter oor hierdie naam, Immanuel nagedink het, hoe groter het dit vir my geword. Ja, God was 2 000 jaar gelede fisiek naby ons. Hy het ook op elke ander manier nader gekom. Hy is "God by ons" in alles. Voel jy ander haat jou? Hy weet hoe dit voel. Is jy verraai? Jesus sê: "Ek is by jou." Is jy eensaam, bedroef, vervolg, in pyn? Jesus weet presies waardeur jy gaan. Hy is die God wat alles verstaan. Hy verstaan jou behoefte en weet hoe om daaraan te voldoen. Hy is Immanuel.

Nie net bring die nabyheid van Jesus vir ons vertroosting omdat Hy daartoe in staat is nie, want Hy: “... is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie” (Hebreërs. 4:15), maar dit gee ons ook vrymoedigheid. Ja, hierdie Koning sit boonop op die troon; ook sê Hebreërs 4 vir ons dat hierdie troon deur genade gekenmerk word, en dat ons dit met vrymoedigheid kan nader! “Terwyl ons dan nou 'n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie” (Hebreërs. 4:15-16). Hierdie gedeelte benadruk dat die Koning van die heelal kragtiger is as wat ons ooit kan dink, en tog terselfdertyd meer intiem en simpatiek is as wat ons ooit kan droom. Wie is hierdie Koning? Sy naam is Jesus.

Sommige dinge om vandag te oorweeg om 'n bewustheid van die teenwoordigheid van Koning Jesus te help kweek:

1. Watter areas in jou lewe voel jy "niemand verstaan dit nie"? Nooi Jesus om by jou te wees in daardie intieme plek. Onthou jy is nie alleen nie. Jy was nooit nie. Jy sal nooit wees nie.

2. Onthou dat Jesus nie net empaties teenoor ons staan nie, maar Hy is ook kragtig in en deur ons. Moenie dat jou omstandighede jou geloof in die enorme krag van ons God verminder nie. Bid en nooi Hom om vandag kragtig te beweeg.

3. Wanneer jy bid en wanneer jy aanbid, gaan God se teenwoordigheid met vrymoedigheid binne!

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Hymn of Heaven: A 12 Day Devotional With Phil Wickham

Welkom by die Hemelse Gesange leesplanreeks. Elke daaglikse leesplan val saam met 'n ander liedjie uit my album, "Hymn of Heaven". Hierdie liedjies is geskryf om luisteraars tydens aanbidding te inspireer, en ek bid dat hierdie reeks dieselfde vir jou doen terwyl jy saamlees. Baie dankie aan my vriend en pastoor, Benji Horning, wat my gehelp het om hierdie gedagtes lewendig te maak. Ons bid dat jy geseënd sal wees!

More

Ons wil graag dankie sê vir Fair Trade Services & Phil Wickham wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://philwickham.com/