Hemelse Gesange: 'n 12-dag Leesplan deur Phil WickhamVoorbeeld

Hymn of Heaven: A 12 Day Devotional With Phil Wickham

DAG 8 VAN 12

Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur op die video-instellings, subtitels, Afrikaans te klik.

1 000 Name

Skrifgedeelte: Genesis 16 / Filippense 2:1-11

In die Skrif dra name aansienlik baie gewig en betekenis. God gaan selfs so ver as om mense se name te verander wanneer Hy hulle sy hemelse roeping gee. Die name van God verskil nie. Sy name is nie net titels nie, dit is definisies van sy karakter. Hy skep, daarom noem ons Hom Skepper. Hy red, daarom noem ons Hom Verlosser. Hy beskerm en lei, daarom noem ons Hom Herder. Moses wou weet wie God werklik is, en so het die Here hom geantwoord: “Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou ...” (Eksodus 34:6). Oor en oor bewys God Homself as getrou aan sy name.

Daar is 'n hartverskeurende verhaal in die Ou Testament van 'n episode in 'n disfunksionele familie waarin 'n vrou met die naam Hagar gebruik, mishandel en verban word om te sterf. Op die oomblik toe alle hoop verlore gelyk het, het God in die gestalte van die Engel van die Here opgedaag. Hy het haar nie net gered nie, maar Hy het haar 'n belofte gegee bo dit wat sy kon dink. Aan die einde van hierdie ontmoeting het sy aan God die naam: “El Roï” gegee, wat in Hebreeus vertaal word as "die God wat my sien". “Hagar het toe die Naam van die Here wat daar met haar gepraat het, aangeroep en gesê: 'U is 'n God wat my sien, hier het ek Hom gesien wat my gesien het’” (Genesis 16:13).

Dit is verstommend hoe God hierdie proses voortsit om sy geaardheid, sy karaktertrekke en sy name regdeur die Bybel te openbaar. Al daardie name bereik 'n hoogtepunt in die persoon en Naam van Jesus. Die apostel Paulus skryf: “Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: 'Jesus Christus is Here!'” (Filippense 2:9-11).

Gebruik hierdie vrae om in jouself 'n hart van aanbidding te help roer:

1. Op watter maniere het God Homself persoonlik in jou lewe geopenbaar, wat ooreenstem met wat ons in die Bybel sien?

2. Van al die name wat God in die Skrif genoem word, oor watter een kan jy vandag nadink?

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Hymn of Heaven: A 12 Day Devotional With Phil Wickham

Welkom by die Hemelse Gesange leesplanreeks. Elke daaglikse leesplan val saam met 'n ander liedjie uit my album, "Hymn of Heaven". Hierdie liedjies is geskryf om luisteraars tydens aanbidding te inspireer, en ek bid dat hierdie reeks dieselfde vir jou doen terwyl jy saamlees. Baie dankie aan my vriend en pastoor, Benji Horning, wat my gehelp het om hierdie gedagtes lewendig te maak. Ons bid dat jy geseënd sal wees!

More

Ons wil graag dankie sê vir Fair Trade Services & Phil Wickham wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://philwickham.com/