Hemelse Gesange: 'n 12-dag Leesplan deur Phil WickhamVoorbeeld

Hymn of Heaven: A 12 Day Devotional With Phil Wickham

DAG 11 VAN 12

Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur op die video-instellings, subtitels, Afrikaans te klik.

God van Herlewing

Psalm 80:20 / Jesaja 57:15 / 2 Kronieke 7:14

Ek is so dankbaar dat God nooit met ons moed verloor nie. Regdeur die Skrif sien ons 'n God wat poog om te herstel, te vernuwe, te verlos, te red, en op te wek — en nie om met sy skepping weg te doen nie, maar dit laat herleef. In Jesaja 57 sien ons hierdie hart ten volle vertoon. Hy is 'n God wat in die “hoë en heilige plek” wandel en tog ook met die wat “verdruk en nederig" is, soekende om hulle te laat herleef, te genees en te versterk. Van die opwekking van 'n leër van droë bene, om Lasarus uit die graf te roep, tot die belofte van 'n komende opstanding van die dooies — Yahweh se hart begeer om te laat herleef; en Hy het die mag om dit te doen.

In 2 Kronieke 7 kry ons opdrag oor ons rol in die proses van herlewing. Ons moet onsself verootmoedig, bid, sy aangesig soek en wegdraai van alles wat die dood veroorsaak.

In Psalm 80 sien ons een van hierdie gebede vir herlewing. “Here, almagtige God, laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding!” (Psalm 80: 20).

Wat in jou hart moet herleef? Wat in jou verhoudinge moet herleef? Wat in jou stad moet herleef? Wat in ons wêreld moet herleef? Weet dat jou nederige gebede tot 'n almagtige God nie ongehoor verbygaan nie en dat dit Hom verheug om op sy kinders te reageer.

So kan jy met verwagting vir herlewing bid:

1. Onderneem vandag 'n gebedswandeling deur jou stad. Bel dalk 'n vriend of lid van die kerk en bring saam tyd deur om in te tree vir die plek waar julle woon.

2. Druk 'n lys uit van diegene in gesagsposisies in plaaslike- en nasionale owerhede, en wy tyd daaraan om vir Jesus te vra om hul harte aan te gryp.

3. Staan tyd af om berou te hê, klim van die troon van jou eie hart af, en nooi Jesus om sy regmatige plek in te neem. Vra dat die Heilige Gees jou hart, jou roeping, jou passie en jou liefde vir God en sy wêreld sal laat herleef.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Hymn of Heaven: A 12 Day Devotional With Phil Wickham

Welkom by die Hemelse Gesange leesplanreeks. Elke daaglikse leesplan val saam met 'n ander liedjie uit my album, "Hymn of Heaven". Hierdie liedjies is geskryf om luisteraars tydens aanbidding te inspireer, en ek bid dat hierdie reeks dieselfde vir jou doen terwyl jy saamlees. Baie dankie aan my vriend en pastoor, Benji Horning, wat my gehelp het om hierdie gedagtes lewendig te maak. Ons bid dat jy geseënd sal wees!

More

Ons wil graag dankie sê vir Fair Trade Services & Phil Wickham wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://philwickham.com/