Hemelse Gesange: 'n 12-dag Leesplan deur Phil WickhamVoorbeeld
Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur op die video-instellings, subtitels, Afrikaans te klik.
My Rede om te Sing
Skrifgedeelte: Kolossense 1:15-20
As gelowiges is daar soveel redes om te sing. Dit wys alles terug na een persoon: Jesus. Elke reël van hierdie lied lys nog 'n seën van oorvloedige lewe wat deur Hom moontlik gemaak word. Die hele Bybel is een verenigde, verlossingsverhaal wat na Hom toe lei. Ek het hierdie lied geskryf om die eerste liedjie van die leesplanreeks te wees — 'n hartgefokusde verklaring wat die Een verheerlik oor wie dit gaan ... Jesus.
Kolossense is 'n brief in die Nuwe Testament wat deur die apostel Paulus geskryf is, terwyl hy in 'n tronksel in Rome gesit het. Hy het gehoor van 'n paar ernstige dreigemente wat hierdie jong geplante kerk in die gesig staar. Hulle was onderdruk deur 'n groep genaamd, die Gnostici, wat teen die goddelikheid en gesag van Jesus uitsprake gemaak het. Paulus was baie ontevrede daaroor. Hy het gereageer met een van die rykste beskrywings van Jesus in die Nuwe Testament:
“Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping. God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep. Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand. Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk. Hy is die oorsprong daarvan, Hy is die Eerste, die Een wat uit die dood opgestaan het, sodat Hy die eerste plek in die heelal inneem. God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen” (Kolossense 1:15-20).
A.W. Tozer sê: “Die belangrikste ding oor onsself, is wat in ons gedagtes opkom wanneer ons aan God dink.”
Hoe sou dit wees om so oorweldig te wees met die grootheid van Jesus in ons lewens, dat al wat ons kan doen is om te sing!
Hiermee kan jy jou redes uitbrei waarom jy Jesus aanbid:
1. Staan 'n paar minute af en skryf 'n lys van persoonlike seëninge in jou lewe neer wat van God af gekom het.
2. Skryf 'n lys van karaktertrekke neer wat jy in die Skrif oor die goedheid van God kry.
3. Probeer dalk jou eie liedjie of gedig skryf om sommige van die redes in sang uit te druk waarom Hy ons liedere waardig is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Welkom by die Hemelse Gesange leesplanreeks. Elke daaglikse leesplan val saam met 'n ander liedjie uit my album, "Hymn of Heaven". Hierdie liedjies is geskryf om luisteraars tydens aanbidding te inspireer, en ek bid dat hierdie reeks dieselfde vir jou doen terwyl jy saamlees. Baie dankie aan my vriend en pastoor, Benji Horning, wat my gehelp het om hierdie gedagtes lewendig te maak. Ons bid dat jy geseënd sal wees!
More