Hemelse Gesange: 'n 12-dag Leesplan deur Phil WickhamVoorbeeld
Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur op die video-instellings, subtitels, Afrikaans te klik.
Waar Ek Nou Staan
Skrifgedeelte: Eksodus 15:1-21 / Matteus 2:13-15 / 2 Korintiërs 5:21
Hierdie lied is 'n getuienislied! Ek dink altyd aan die Israeliete wat aan die oorkant van die Rooisee staan wanneer ek dit sing. Hulle het pas 'n verstommende wonderwerk ervaar, 'n ongelooflike vertoning van Yahweh se krag. Slawerny en gevangenskap is nou agter hulle. Belofte en vryheid is voor hulle. Dankie Jesus dat U ons verhale deur u genade herskryf!
Wat ingrypend omtrent die verhaal oor die uittog is, is dat toe Israel eers veilig op droë grond aan die oorkant van die Rooisee was, is die eerste ding wat hulle gedoen het — om God te aanbid! Hulle het gesing, hulle het gedans, hulle het selfs die tamboeryne uitgehaal om God te verheerlik. Wanneer iemand die diepte van God se sterk, reddende krag ervaar, is lofprysing die enigste natuurlike reaksie!
As ons dan 'n millennium en 'n half vorentoe na die geboorte van Jesus gaan, sê Matteus 2 sy gesin het vir 'n tyd na Egipte gevlug om van Herodes te ontsnap. Jare later is Jesus se gesin uit Egipte geroep om na die land Israel terug te keer. Enige Joodse leser sou die verband begryp het dat Jesus se lewe Israel se verhaal oorvertel het. Hierdie verband is belangrik en dit is hoekom: na die uittog, ten spyte van God se getrouheid, was sy volk nie in staat om getrou aan Hom te lewe nie. Jesus kon, deur as 'n mens te kom, nie net Israel se verhaal oorvertel nie, maar ook al ons verhale. Eerder as wat ons verhouding met God deur ons geregtigheid of getrouheid bepaal word, word dit bepaal deur sy geregtigheid en getrouheid!
Dit is ons getuienis: nie net het Jesus ons binne ’n oomblik gered nie, maar Hy het ons vir ewig deur die kruis verlos! “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees” (2 Korintiërs 5:21).
So kan die krag van ons getuienis ons tot aanbidding dryf:
1. Staan 'n paar minute af en skryf JOU verhaal neer. Hoe het Jesus jou verlos? As jy nog nie vir iemand jou verhaal vertel het nie, doen dit nou!
2. Dikwels, wanneer ons ons getuienis gee, kan ons onsself die hoofkarakter maak. Dink terug aan jou verhaal van verlossing en let op God se handwerk, en loof Hom daarvoor!
Aangaande hierdie leesplan
Welkom by die Hemelse Gesange leesplanreeks. Elke daaglikse leesplan val saam met 'n ander liedjie uit my album, "Hymn of Heaven". Hierdie liedjies is geskryf om luisteraars tydens aanbidding te inspireer, en ek bid dat hierdie reeks dieselfde vir jou doen terwyl jy saamlees. Baie dankie aan my vriend en pastoor, Benji Horning, wat my gehelp het om hierdie gedagtes lewendig te maak. Ons bid dat jy geseënd sal wees!
More