Hemelse Gesange: 'n 12-dag Leesplan deur Phil WickhamVoorbeeld

Hymn of Heaven: A 12 Day Devotional With Phil Wickham

DAG 4 VAN 12

Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur op die video-instellings, subtitels, Afrikaans te klik.

Dit Was Altyd net U

Skrifgedeelte: Johannes 4:1-42

Hierdie lied het uit die niet gekom. Die meeste liedjies neem ure/dae/maande vir my om klaar te maak. Met hierdie een het dit uit die hemel in my hart ingevloei. Ek sing vir God in hierdie lied, maar elke keer as ek dit sing, is dit asof Hy dit oor my sing. Wat 'n getroue vriend is Hy nie. Dit is vir ons so belangrik om te onthou waardeur Hy ons gebring het. Dit moet ons aanspoor om Hom te vertrou.

Daar is 'n kragtige verhaal in Johannes 4 waar dit vertel dat Jesus “deur Samaria moes gaan”. Wat interessant van hierdie frase is, is dat dit nie geografies sin gemaak het nie. Samaria was eintlik 'n ompad. Dit maak ook nie sosiaal sin nie, aangesien Jode nie met Samaritane geassosieer het nie. Tog sou Jesus nie afgeskrik word om na hierdie dorp te gaan nie. Dit was daar wat Hy teen die middel van die dag 'n vrou ontmoet wat kom water skep het. Toe Jesus haar teëkom, het die gesprek beweeg van Jesus wat water gevra het, na Jesus wat na Homself verwys as die water waarvoor sy werklik dors is. “Maar Jesus antwoord haar: 'Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee'” (Johannes 4:13-14).

Die verhaal gaan voort en vertel ons dat hierdie vrou in verskeie verhoudings was, wat dalk die eintlike rede was waarom sy op die hitte van die dag gaan water trek het. In daardie kultuur het net mans die wettige reg gehad om te skei, wat beteken dat ons ons net kan voorstel hoe sy as 'n voorwerp behandel is en watter pyn en mishandeling sy moes verduur het. Toe ontmoet sy vir Jesus. Nie net het sy verander nie, maar die hele dorp het verander. Ek hou baie van hierdie verhaal, want dit wys hoe Jesus vir “die enkele mens” omgee. Die uitgeworpene. Die onwaardige. Hy gee om vir ons, en Hy is 'n Koning wat ompaaie ry om ons te ontmoet net waar ons is — en om vir ons te wys Hy is die Een waarna ons die hele tyd dors. Die werklikheid is dat dit nie saak maak hoe opreg ons ooit sing: "Dit was altyd net U" nie. Hy sal altyd die Een wees wat dit harder oor ons sing.

Hier is 'n paar vrae om mee te worstel:

1. Watter areas in jou lewe het jy vir God of ander weggesteek waar Jesus jou met sy lewende water kan ontmoet?

2. As jy eers die diepgaande aard van sy liefde ervaar het, vir wie kan jy daarvan vertel?

3. Hoe kan jy met 'n hernude gevoel van dankbaarheid oor die verlossende genade van God in jou lewe aanbid?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Hymn of Heaven: A 12 Day Devotional With Phil Wickham

Welkom by die Hemelse Gesange leesplanreeks. Elke daaglikse leesplan val saam met 'n ander liedjie uit my album, "Hymn of Heaven". Hierdie liedjies is geskryf om luisteraars tydens aanbidding te inspireer, en ek bid dat hierdie reeks dieselfde vir jou doen terwyl jy saamlees. Baie dankie aan my vriend en pastoor, Benji Horning, wat my gehelp het om hierdie gedagtes lewendig te maak. Ons bid dat jy geseënd sal wees!

More

Ons wil graag dankie sê vir Fair Trade Services & Phil Wickham wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://philwickham.com/