Al Ooit Gewonder Hoekom? Voorbeeld

Ever Wonder Why?

DAG 4 VAN 7

Al Ooit Gewonder Hoekom God Onregverdig Voorkom?  

Gister het ons gepraat oor hoe ons nie altyd verstaan hoekom God doen wat Hy doen nie, maar dat ons kan vertrou in wie Hy is. Wat dan as God onregverdig voorkom? 

Hoe is dit regverdig dat mense, byvoorbeeld, aansienlik beter geleenthede kry afhangende van hul finansiële status, familie omstandighede en waar hul groot geword het? In ons lewens is daar ten minste 'n paar oomblikke wat ons al kon vra — hoe is dit regverdig? Hoe kon God toelaat dat dit gebeur? 

Dit is 'n goeie vraag om te vra, maar hier is tog iets wat jy moet onthou: God is nie regverdig nie. Hy is geregtig, getrou en billik, maar Hy is nie regverdig nie. 

As God regverdig was, sou dit baie slegte nuus vir ons gewees het. God is heilig en volmaak in elke opsig. Hy kan Homself nie met sonde verenig nie. Romeine 3:23 sê vir ons: "Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie." 

As God dan regverdig was, sou daar geen manier vir ons, as sondaars, gewees het om in 'n verhouding met Hom te wees nie. God is egter geregtig en getrou, nie regverdig nie, dus het Hy vir Jesus na ons gestuur. Wanneer ons vir Jesus aanvaar, word ons skuld betaal, ons sondes vergewe, en kan ons 'n verhouding met God hê. 

God se onregverdigheid is die fondament van die goeie nuus — Jesus maak 'n weg waar ons geen weg gehad het nie. 

Bo en behalwe dit, is God geneig om ons perspektief van "regverdigheid" onderste bo te keer. Kyk net na die gelykenis wat Jesus in Matteus 20 vertel. Jesus beskryf die eienaar van 'n wingerd wat arbeiders gaan huur om vir 'n dagloon in sy wingerd te werk. 

Die eienaar gaan verskeie kere deur die loop van die dag om arbeiders te huur, dus het party voldag gewerk en ander net 'n uur. Aan die einde van die dag het die wat langer ure gewerk het, groter lone verwag. 

Plaas jouself vir 'n oomblik in daardie situasie. Dit klink regverdig, nie waar nie? Dink jouself in, jy werk die hele dag lank in die wingerd, en jy staan langs iemand wat omtrent net 'n uur of twee gewerk het. Julle stap albei om betaal te word, en die eienaar gee vir julle dieselfde dagloon. 

Jy sal dalk dadelik dink: "Dit is onregverdig!" Die eienaar in Jesus se gelykenis antwoord so: 

“Maar hy antwoord een van hulle: 'Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir die gewone dagloon nie? Vat jou geld en gaan huis toe. Ek wil vir hierdie laaste een dieselfde gee as vir jou. Mag ek dan nie met my geld maak wat ek wil nie? Of is jy afgunstig omdat ek goed is?’” Matteus 20:13-15

God se genade kan nie met ons begrip van regverdigheid vergelyk word nie. Ons wil rekenskap hou en ons pad vorentoe verdien, maar die koninkryk van God werk anders.

God se geregtigheid het vir Jesus nodig en sy genade het "onregverdigheid" nodig. In plaas daarvan om toe te laat dat onregverdigheid ons frustrasie voed, moet ons toelaat dat dit ons geloof laat groei. Net soos die eienaar van die wingerd, moet ons vrygewig wees en vergifnis en barmhartigheid toon aan die mense om ons soos wat Jesus so ryklik aan ons voorsien. 

Onthou dat God jou nie vergeet nie, al is jy in 'n tydperk waar die lewe onregverdig voel. Hy is teenwoordig in jou hartseer, en Hy kan doel aan jou pyn gee. Jesus het gesê dat ons dit in die wêreld moeilik sal hê, maar omdat God geregtig is, sal Hy eendag alles wat verkeerd is regstel, en dit is die waarheid waaraan ons kan vashou. 

Bid: Vader, dankie dat U geregtig is, maar nie regverdig nie. U genade is meer as wat ek verdien en daarvoor prys ek U. Herinner my, wanneer ek versoek word om rekenskap te hou, dat ek eerder op u getrouheid moet fokus. Help my om teenoor ander goed en gaaf te wees, om ander te behandel soos wat ek behandel wil word, in plaas daarvan hoe hulle dalk verdien om behandel te word. In die Naam van Jesus, amen. 

Uitdaging: Omdat God geregtig is, roep Hy ons om geregtigheid na te jaag. Dink na oor areas van ongeregtigheid in jou gemeenskap. Hoe roep God jou dalk om geregtigheid in daardie areas te bring? 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Ever Wonder Why?

Wat as geloof minder daaroor gaan om al die regte antwoorde te ken en meer daaroor gaan om moeilike vrae te vra? As jy al ooit gewonder het hoekom dit voorkom asof God onregverdig is, hoekom Hy nie ons gebede beantwoord op die manier wat ons verwag nie, of hoekom 'n liefdevolle God die hel geskep het, dan is hierdie 7-dag leesplan, wat gepaardgaan met Pastoor Craig Groeschel se "Ever Wonder Why?"-reeks, vir jou.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/