In Die BeginVoorbeeld
Lees: Genesis 2:8-14; Jesaja 58:11-12
SOAP: Genesis 2:8-9
"Die Here God het toe ‘n tuin in Eden in die ooste aangelê en die mens wat Hy gevorm het, daar laat woon. Die Here God het verder allerlei bome, mooi om na te kyk en lekker om van te eet, uit die grond laat uitspruit, ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van alle kennis."
Oordenking
Nadat God die mens geskep het, het Hy aan hom ’n woonplek voorsien. Dit was geen gewone plek nie. Dit was ’n paradys. God het vir die mens 'n blyplek geskep wat vol seën was.
God het allerhande bome geplant, vir skoonheid sowel as vir voedsel. God het die boord tussen vier riviere geplant, wat water voorsien en die lewe laat voortduur het vir die mens sowel as alles wat God geplant het. Alles wat die mens nodig gehad het, was daar vir hom.
Die ligging van die boord word breedvoerig beskryf. Dit mag dalk vir ons vandag na onbelangrike of onnodige besonderhede lyk, maar die detail het nie by die oorspronklike gehoor verlore gegaan nie. Hierdie boord is in ’n ongelooflike vrugbare gebied in die Midde-Ooste geplant, wat later bekend gestaan het as "The Fertile Cresent". God het nie net vir die mens voorsien deur hom ’n huis te gee met genoeg kos en water om te oorleef nie, maar Hy het aan die mens ’n oorvloed van hulpbronne gegee sodat hy kon floreer en vermeerder.
Voordat sonde in die wêreld gekom het, het God vir die mens in die boord voorsien. En soos ons sal sien, het God voortgegaan om te voorsien selfs nadat die man en die vrou gesondig het. Jesaja se woorde in hoofstuk 58 wys hoe God sy volk bly lei en voorsien het, selfs toe hulle gesondig en teen Hom in opstand gekom het.
Ons God is ’n goeie God. Hy sorg vir sy volk, ongeag die omstandighede. Hy het vir die mens in die boord voorsien en Hy het voorsien vir die oorblyfsel van Juda. Hy voorsien elke dag vir jou en vir my. Mag ons nie net na sy voorsiening kyk nie, maar na sy volgehoue teenwoordigheid en genade in ons lewens.
Gebed
Here God, U voorsien presies wat ek nodig het. Help my vandag om al die maniere waarop U aan my voorsien en my seën te onthou. Ek loof U vir u sorg aan my. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/