In Die BeginVoorbeeld
Lees: Genesis 2:15-17; Psalm 19:7-11
SOAP: Psalm 19:8-9
"Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is. Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap. Die gebod van die Here is helder: dit gee insig."
Oordenking
Toe God die boord geskep het, het Hy twee belangrike bome geplant: die boom van die lewe en die boom van kennis van goed en kwaad. (Dit is die eerste keer wat die skrywer van Genesis na goed en kwaad verwys.) Die plasing van die bome in die boord het die grondslag gegee vir wat sou kom: die voortdurende stryd en keuse tussen goed en kwaad vir die man en sy nageslag.
Toe God die man in die boord geplaas het om dit te versorg en in stand te hou, het Hy aan die man spesifieke instruksies gegee. Hy het die man beveel om nie van die boom van kennis van goed en kwaad te eet nie. God het geweet dat as die man van hierdie boom sou eet, hy sou sterf. Die idee van die dood, wat in hierdie opdrag bekendgestel is, was meer as ’n fisieke dood, alhoewel dit ook hierby ingesluit is. Die dood wat die mens sou tref as hy van die boom sou eet, was ’n skeiding of vervreemding van God, wat ’n dramatiese verandering in sy verhouding met sy Skepper veroorsaak het.
Die opdrag om nie van die boom van kennis van goed en kwaad te eet nie, is die eerste opdrag wat God aan die mensdom gegee het. Op dieselfde manier wat alle aspekte van die skepping met ’n doel en doelbewus ontwerp is, het God het ’n doel met sy opdrag vir die man gehad. God het geweet wat sou gebeur as die man van die boom sou eet, en daarom het God vir die man gesê om nie daarvan te eet nie.
God se eerste opdrag aan die man was goed. Dit was bedoel om die man se lewe te bewaar. Al God se opdragte is bedoel om dit te doen. Al God se opdragte bewaar ons lewens, gee ons wysheid en bring vreugde. Hulle het groot waarde en 'n doel, en as ons dit volg, vind ons leiding en seën. Alhoewel dit maklik is om te sien hoe hierdie eerste opdrag van God reg was, is dit nie altyd so maklik om te sien hoe al God se opdragte reg is nie. As ons ons harte op Hom vestig, vind ons wysheid in sy opdragte asook blydskap en lewe daarin.
Gebed
Vader God, u wet is volmaak. U wet bewaar my lewe. Ek kan op u opdrag vertrou en wysheid uit u opdragte verkry. Ek glo dat u woorde van groter waarde as goud is. Help my om u weg bo myne te begeer. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/