In Die BeginVoorbeeld
Lees: Genesis 2:18-25; Matteus 19:4-6
SOAP: Matteus 19:4-6
"Hy het hulle geantwoord: 'Het julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie? Daarby het Hy gesê: ‘Daarom sal ’n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle twee sal een wees.’ Hulle is dus nie meer twee nie, maar een. Wat God dan saamgevoeg het, mag ’n mens nie skei nie.”
Oordenking
Dit was nie goed vir die man om alleen te wees nie. Dit is die enigste aspek van die skepping tot nou wat God gesê het dat dit nie goed was nie. Alhoewel die man alleen was, is daar geen aanduiding dat hy eensaam was nie. Wat God "nie goed" genoem het nie, was die afwesigheid van 'n gemeenskap vir die man. Die man was alleen, want daar was niemand soos hy met wie hy alles kon deel wat God vir die mensdom beplan het nie. Hy was nie in staat om God se doel dat die mensdom "vrugbaar moet wees en vermeerder", te vervul nie.
God het die vrou geskep om ’n metgesel vir die man te wees. Die Hebreeuse woord wat die vrou as ’n metgesel beskryf, is die woord ‘ezer’. Die meeste ander gebruike van ‘ezer’ in die Ou Testament, word gebruik om God te beskryf. Hierdie woord het geen betekenis van minderwaardigheid of ondergeskiktheid nie, maar beskryf ’n onontbeerlike metgesel, iemand wat vir ons doen wat ons nie vir onsself kan doen nie.
Toe die Fariseërs Jesus oor egskeiding ondervra het, het Hy hulle geantwoord deur die doel van ’n verhouding tussen man en vrou te verduidelik. Die twee moet saamgevoeg word en een word. In die huwelik word ’n man en vrou een, beide word onontbeerlike metgeselle vir mekaar. Toe die skrywer van Genesis die eerste man en vrou beskryf het, het hy hulle huweliksverhouding beskryf. Die gemeenskap wat hulle ervaar het, was deur die huwelik.
Man en vrou is ontwerp om in gemeenskap te leef. Of ons nou getroud of ongetroud is, ons kan nie alleen woon nie. Ons het gemeenskap met ander om ons nodig. God het ons ontwerp vir 'n gemeenskap en daarsonder is ons nie volkome nie. As volgelinge van Christus kan ons nie alleen wees nie. Ons het gemeenskap met mekaar nodig om mekaar in ons wandel met Christus te bemoedig.
Gebed
Vader, dankie dat U my vir 'n gemeenskap geskep het. Ek is geseënd deur diegene om my. Help my om vir ander tot seën te wees. Help my om te groei in my begrip van 'n gemeenskap en die behoefte wat ek daaraan het. Bewaak en bou my gemeenskap vandag soos U my meer leer oor wat dit beteken om nie alleen te wees nie. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/