In Die BeginVoorbeeld
Lees: Genesis 3:20–24; Efesiërs 2:4–10
SOAP: Efesiërs 2:8
"Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God."
Oordenking
Adam en Eva het die vrugte geëet van die boom van kennis van goed en kwaad. God het gesê as hulle dit doen, hulle sou sterf. Alhoewel hulle nie op daardie oomblik fisiek dood was nie, was hulle in ‘n geestelike sin, dood. Hulle sou sterf weens hul sonde. Hulle was dood, geskei van God weens hulle sonde.
Maar Adam en Eva se God, ons God, is ryk aan barmhartigheid. Hy het ons lief, al is ons dood in ons sonde. God het Adam en Eva liefgehad en versorg. Hy het die skande van hulle sonde met klere bedek. Hierdie bedekkings was van vel gemaak, wat beteken dat 'n dier as 'n offer moes sterf om hulle te bedek.
God het Adam en Eva uit die boord weggestuur. Om hulle uit die boord weg te stuur, het miskien na die slegste opsie gelyk, maar dit was God se voorsiening en sorg. In plaas daarvan dat hulle weer versoek word en moontlik van die boom van die lewe kon eet, het God hulle uit die boord uitgestuur.
Ook ons is van God geskei. Ons is dood in ons sonde, net soos Adam en Eva. Ons het 'n bedekking nodig, 'n offer vir ons sondes. Jesus Christus is daardie bedekking. Jesus Christus het Homself geoffer sodat ons van die straf van sonde gespaar kan word.
Ons word gered deur die genade van God. Op dieselfde manier waarop God in sy groot genade vir Adam en Eva bedekkings voorsien en hulle uit die boord gestuur het, het God vir ons 'n bedekking in Jesus voorsien. Sy offer is alleen genade. Deur geloof kan ons God se genadegawe, Jesus Christus, aanvaar. Wanneer ons ons geloof in Hom stel, aanvaar ons die voorsiening wat Hy vir ons gegee het — vir ons lewens en vir ons redding.
Gebed
Here Jesus, U alleen is die bedekking wat ek nodig het. U het my gered deur u genade alleen. Ek het niks gedoen om my redding te verdien nie. Ek het my vertroue in U geplaas vir my redding. Help my om my geloof elke dag in U te plaas. U alleen is my bedekking en my voorsiening. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/