In Die BeginVoorbeeld

In Die Begin

DAG 21 VAN 43

Lees: Genesis 4:1–16; Psalm 51:17; Hosea 6:6

SOAP: Hosea 6:6

"... want Ek verwag liefde eerder as offers, toewyding aan My eerder as brandoffers."


Oordenking

Kain het 'n offer uit sy oeste aan God gebring. Abel het uit sy pad gegaan om God te behaag deur van die beste van sy kudde as 'n offer te bring. Alhoewel ons nie seker is van Kain se presiese motivering vir sy offer nie, is dit duidelik dat wat dit ook al was, dit God nie behaag het nie. God het Abel se offer aanvaar, maar Kain s’n verwerp.

God het Kain gewaarsku om sy hart en sy motiewe te heroorweeg, want as hy sou aanhou om nie te doen wat reg is nie, sou die sonde hom oorheers. Kain wou toegee aan sy sonde. In plaas daarvan om op God se waarskuwing ag te slaan, het hy sy broer vermoor. 

God se begeerte was nie dat Kain presies dieselfde offer moes bring as wat Abel gebring het nie. Alhoewel God, sover ons weet, nog nie die bepalings en vereistes vir offers uitgespel het, soos Hy dit in Levitikus vir die Israeliete gedoen het nie, het Hy begeer dat die harte van sy volk in aanbidding tot Hom gerig sou word. 

Wanneer ons voor God staan in aanbidding, kritiseer Hy ons nie oor die presiese besonderhede van dit wat ons voor Hom lê nie. In plaas daarvan wil Hy hê dat ons aan Hom getrou moet wees, nederig teenoor Hom moet wees en berou moet hê. God begeer ons harte, nie net ons dade nie. Ons lewens moet 'n offer aan Hom wees. As ons harte reg is met God, sal ons uit ons pad gaan om Hom te behaag deur ons beste te bied. God is nie op soek na rituele nie. Hy wil hê dat ons harte na Hom sal verlang, daagliks deur Hom verootmoedig word, in verwondering oor alles wat Hy ons gegee het.


Gebed

Vader God, bewaar my lewe. Help my om my lewe te leef as 'n lewende offer aan U, om uit my pad te gaan om U te behaag en my beste voor U te bring. Ek wil graag 'n offer soos Abel bring. Help my om waaksaam te wees teen die sonde wat voor my deur kom en om nederig en berouvol teenoor U te bly. Amen. 

Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

In Die Begin

In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/