In Die BeginVoorbeeld

In Die Begin

DAG 12 VAN 43

Lees: Genesis 2:4–7; Psalms 8:5–7

SOAP: Psalms 8:6–7

"U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon, 

U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp."


Oordenking

Op die sesde dag van die skepping het God die land gevul wat Hy geskep het. Hy het diere en bowenal mense geskep. Genesis 2 bied ‘n volledige uiteensetting, ‘n ander perspektief, oor die besonderhede van die skepping van mense. Die detail wat die skrywer van Genesis insluit oor die skepping van die man en vrou toon hoe mense van diere verskil, hoe ons as die beeld van God gemaak is.

In Psalm 8 dink Dawid na oor die heerlikheid van God wat in die skepping vertoon word. Hy wonder, te midde van al die grootsheid van die maan en sterre, hoe belangrik mense is. Hoe kan mense enige betekenis hê in ‘n wêreld wat deur soveel grootsheid gekenmerk word? Waarom sou God met, al die prag van die skepping, van die mensdom notisie neem?   

God het nie die mensdom as ‘n nagedagte geskep nie. God het ons nie net as sy beeld geskep nie, maar ook gesag, eer en majesteit aan ons gegee. As beelddraers van God, net ‘n bietjie minder as die hemelse wesens, is ons aangestel om oor die skepping te heers. 

In al die prag van die wêreld en die hemele is ons die kroon van God se skepping. Hy het ons gekies om sy beelddraers te wees. Hy het ons gekies om sy karakter te eer. En Hy het gekies om ons te verlos toe ons gesondig het. Selfs te midde van al die besonderhede en ingewikkeldhede van die skepping is jy vir God belangrik. Hy gee om vir jou, jou lewe en jou omstandighede. 


Gebed

Here God, u aandag aan my vervul my met nederigheid en ontsag. U gee om vir my. U het my met majesteit en eer bekroon omdat ek as u beeld geskape is. Mag my lewe ‘n noukeurige weerspieëling van u karakter wees in my strewe om u liefde en heiligheid aan die wêreld te vertoon. Amen.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

In Die Begin

In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/