Om Soos Jesus Lief te HêVoorbeeld
God se Missie
God is op 'n missie. Ek is seker daarvan. God is net so lewendig, betrokke en besig vandag soos Hy duisende jare gelede was toe die Skrif aangeteken is. In die begin het Hy alles geskape in 'n gebalanseerde toestand van harmonie, vorm en skoonheid. Nogtans het die kroon van sy skepping Goddelike intimiteit verwerp. Van daar af was God besig om ons na Hom toe te laat terugkeer. Dit is die grootste liefdesverhaal. God duik in die gevriesde meer wanneer ons inval. Hy hardloop in die brandende gebou wanneer ons binne vasgekeer is. Hy smelt die gevoellose mure van ons harte wanneer ons onsself isoleer en versterk in ons eie vrees, haat, skaamte of onsekerhede. Tog, die beste deel is dat Hy ons roep om saam op hierdie missie van hoop te kom.
Ons was eens op 'n tyd God se vyande wat allerhande valse gode gekies het. Hy het ons so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gestuur en opgeoffer het. Vir ons. Sy vyande. Dit is die voorbeeld wat vir ons gestel word. Ons hoop, en die opdrag waartoe ons geroep word, is om ons vyande lief te hê. Geen ander evangelisasie aksies sal ooit groter wees nie. Dit is meer as woorde en meer as aksies. Dit is 'n lewenswyse wat meewerk aan God se opdrag. Wanneer die wêreld 'n beweging sien van mense wat genoeg selfbeheersing het om nie terug te baklei nie, genoeg deernis het om solidariteit te vind, en genoeg nederigheid het om hul krag in swakheid te besef, dan sal die wêreld Christus in sy ware vorm leer ken — kruisvormig.
Joey Armstrong
Life.Church Broken Arrow
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hoe kan ons leer om soos Jesus te leef as ons nie eerstens soos Hy liefhet nie? Lees saam met Life.Church personeel en huweliksmaats terwyl hulle die ondervindinge en Skrifgedeeltes deel wat hulle inspireer om voluit te leef en Soos Jesus Lief te Hê.
More