Om Soos Jesus Lief te HêVoorbeeld

Love Like Jesus

DAG 8 VAN 13

Om 'n Vriend Te Wees

Ek het 'n rukkie gelede 'n nuwe kollega gekry wat baie graag met my wou vriende wees. In plaas daarvan om haar in ons span te verwelkom, was ek nie baie vriendelik met haar nie. Daar was tye wat ek eenvoudig gemeen was. Ons sou van tyd tot tyd kuier, maar net wanneer dit vir my geleë was.

'n Paar maande het verbygegaan en toe word my pa met kanker gediagnoseer. Dit was nie lank voor my pa in 'n versorgingsfasiliteit gedurende die laaste paar dae van sy lewe beland het nie. Hierdie kollega aan wie ek nie regtig aandag gegee het nie, het nie net vir my gedurende hierdie verskriklike tydperk gebid nie; sy het ook elke aand per selfoon met my gesels totdat ek moeg genoeg was om aan die slaap te raak. Sy het my gunsteling maaltyd vir my voorberei voor ek op die vliegtuig geklim het. Sy het saam met al my ander kollegas vir my 'n pakkie opgemaak en vir my gestuur. Toe ek terugkom werk toe, het sy haarself beskikbaar gestel om met my te gesels en saam met my te huil elke keer wat ek dit nodig gehad het.

Sy was my vriendin voor ek besef het dat ek een nodig het. Sy het vir my omgegee voor ek vir haar omgegee het. Sy het my liefgehad toe ek nie baie liefde vir haar gehad het nie.

Ek het gedink ek weet wat onvoorwaardelike liefde is. Ek het gedink ek weet hoe Jesus ons liefhet. Ek was blykbaar baie verkeerd. Om een of ander rede het ek gedink ons moet onvoorwaardelike liefde verdien. Ek het gedink 'n mens moet begin om mense voorwaardelik lief te hê en as dit goed gaan, sal dit uiteindelik verander in onvoorwaardelike liefde. Dit is nie hoe God ons liefhet nie. Hy het vir ons gesterf terwyl ons nog sondaars was. Jesus sien my as waardig om liefgehê te word, selfs wanneer ek dit nie verdien nie. Hy het my van die begin af onvoorwaardelik liefgehad en dit is hoe Hy ons roep om ander lief te hê.

Daardie vriendin het my net soos Jesus liefgehad. Ek wil ook so liefhê.

Sam Simala
Life.Church Wichita

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Love Like Jesus

Hoe kan ons leer om soos Jesus te leef as ons nie eerstens soos Hy liefhet nie? Lees saam met Life.Church personeel en huweliksmaats terwyl hulle die ondervindinge en Skrifgedeeltes deel wat hulle inspireer om voluit te leef en Soos Jesus Lief te Hê.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church