Om Soos Jesus Lief te HêVoorbeeld
Soos Christus die Kerk Liefhet (deel 1)
As 'n klein dogtertjie het ek van my troue gedroom — van die koek tot by die rok en selfs die man met wie ek sou trou. Wanneer jy droom oor hoe jou spesiale dag gaan wees, dink jy nooit aan die probleme wat ná daardie dag gaan kom nie.
Voor ek gebore is, is my ma gediagnoseer met 'n ernstige geval van rumatiek. Elke dag was vir haar 'n stryd. My pa het gekies om haar elke dag lief te hê en te bedien. Sommige dae was dit net om vir haar ontbyt te maak of om haar te help om haar skoene vas te maak. Ongeag die taak, het my pa my ma liefgehad. Baie jare later het ek gesien hoe my pa my ma op 'n nuwe manier bedien toe my ma gediagnoseer was met Hodgkinsiekte. My pa het sy dae deurgebring om haar lief te hê, te bedien en vir haar te bid. Ek het my pa nog nooit so fisiek en geestelik uitgeput gesien nie, maar hy het aangehou. Dit was sy toewyding aan Christus sowel as aan my ma.
Kort nadat ek en my man getroud is, het ons intieme beproewings in die gesig gestaar wat geen huwelik behoort te ondervind nie. 'n Aktiwiteit wat ons eens vreugde gebring het, het nou pyn en trane gebring. Elke keer het ek myself aan die slaap gehuil. Die pyn, gebrek aan intimiteit, en die gevoel dat ek 'n mislukking as 'n vrou was, het 'n muur tussen ons veroorsaak.
Hierdie moeilike dae het jare geword wat nie een van ons gedink het ooit sal eindig nie. My man het by my gestaan. Hy het elke gevoel van seer eenkant toe geskuif en gekies om my lief te hê waar ek was. Hy het my liefgehad deur pyn en trane. Vandag het hy my steeds lief. Mense sê dogtertjies soek mans wat dieselfde eienskappe as hulle vaders toon. Vandag, meer as ooit, is ek dankbaar dat ek 'n sielsgenoot gevind het wat my liefhet soos my pa en wat my soos Jesus liefhet.
Shelley Martin
Life.Church IT-Span
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hoe kan ons leer om soos Jesus te leef as ons nie eerstens soos Hy liefhet nie? Lees saam met Life.Church personeel en huweliksmaats terwyl hulle die ondervindinge en Skrifgedeeltes deel wat hulle inspireer om voluit te leef en Soos Jesus Lief te Hê.
More