Om Soos Jesus Lief te HêVoorbeeld
Om Soos Jesus Lief te Hê, IS Om Jesus Lief te Hê
Toe my gesin met pleegsorg begin het, het ons 'n Kerspartytjie vir pleegouers bygewoon. Dit is aangebied deur 'n kerk wat ons nog nooit besoek het nie en 'n denominasie waaraan ons nie behoort het nie. Op die ou end moes ek die hele twee ure my trane probeer wegsluk en kalm bly. Oral waar ek gekyk het, het ek die hele tyd flitse van Jesus se gesig in die skare gesien.
Voor ons met ons kinders ingeloop het, het ons die vriend wat ons uitgenooi het in die parkeerterrein raakgeloop. Daar was Hy aan haar arm, snoesig in 'n babastoeltjie as 'n klein dogtertjie, gebore met 'n verslawing aan metamfetamien, kokaïne, Xanax en een of ander dwelm wat ek nie kan onthou nie. Hy was weer daar net binne die deur — 'n hele klomp vrywilligers wat ons hartlik welkom heet en skarrel om ons volgestopte kerskouse en naamplaatjies aan te bied, in plaas daarvan om hulle Saterdag voor Kersfees te gebruik om inkopies te doen en sake af te handel. Toe was Hy daar agter ons. 'n Ma, 'n pa en — nee ek maak nie 'n grap nie — ses skoolgaande pleegkinders. Die meeste met brille met dik lense of stutte aan hulle bene en almal met skoon klere en tevrede glimlagte. Hy was 'n rooikop wat my met trots die stel Legoblokkies gewys het wat hy van 'n naamlose kerkganger gekry het. Hy was beide die pa wat versigtig speeksel afgevee het van 'n seun wat vasgekluister was in 'n rolstoel en die seun wat net kon reageer deur sy gesig wat pas afgevee is, te draai om in die pa se oë te kyk. En Hy was die geselserige vrou met die groot, gesonde baba op haar heup; Hy was ook die kleuter wat aan haar bene gehang het. En 'n ouer vrou wat besig was om vir twee klein seuntjies te sing, wat kogleêre inplantings in een oor gehad het. Hy was 'n lieflike oupa met 'n Kersvaderhoed wat Kersliedere gesing het om die kinders te kalmeer. Terwyl ek terugry huis toe met my motor se kattebak vol kruideniersware en geskenke, het ek besef dat Hy die twee sussies was wat daardie aand saam met ons huis toe gegaan het. Hy was ook MY gesin. Ons was Jesus vir hulle en was terselfdertyd lief vir Jesus. Jesus was net oral waar ek gekyk het: in hulle wat liefde gegee én ontvang het.
In vandag se gedeelte nooi Paulus die kerk uit om te lewe soos hierdie partytjie was. Almal moet gelyk wees. Ons is almal saam in hierdie lewe. Ons is nie net sy hande en voete nie, maar ook sy gesig. Sy tasbare, sigbare liggaam. Ons sal egter niks voel voor ons nie deel word van die hartseer, nood, pyn, armoede, gebrokenheid en eensaamheid nie. Kinders in jou gemeenskap, wie se name jy nie ken nie, wat Kersfees alleen deurmaak, sal nie jou hart breek nie. Totdat jy in hulle oë kyk, sal jy nie die vreugde ervaar om Jesus Christus se gesig te sien nie.
Dit is egter alles die moeite werd. Hy is asemrowend mooi. Hy is majestueus, glorieryk en glansryk. Dis meer as genoeg rede om soos Jesus lief te hê — met ons hele wese.
Kendra Golden
Life.Church Kreatiewe Mediaspan
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hoe kan ons leer om soos Jesus te leef as ons nie eerstens soos Hy liefhet nie? Lees saam met Life.Church personeel en huweliksmaats terwyl hulle die ondervindinge en Skrifgedeeltes deel wat hulle inspireer om voluit te leef en Soos Jesus Lief te Hê.
More