Om Soos Jesus Lief te HêVoorbeeld
Jesus op Enige Plek
Dit was 'n warm lenteaand toe ons gesin 'n sokkerwedstryd by die plaaslike universiteit bygewoon het. My dogter was vyf jaar oud en kort nadat ons daar aangekom het, het sy 'n seuntjie opgemerk wat alleen gespeel het. Sy het hom nie geken nie. Hy kon nie Engels praat nie en was op baie maniere anders as sy, maar niks daarvan het haar gekeer om vir hom te glimlag en saam met hom sy denkbeeldige speletjie te speel nie. Hulle het die aand gelag en saam gespeel en aan die einde van die speletjie het hulle op die gras gesit, uitasem in gelukkige uitputting, terwyl hulle teen mekaar leun om te rus.
Terwyl hulle gespeel het, het ek en my man sy ouers gevind en onsself voorgestel. So het 'n wonderlike vriendskap met hierdie oulike gesin van 'n ander land, kultuur en geloof begin. Dit het ons die geleentheid gegee om hulle in ons lewens in te nooi en dit het 'n diepgaande invloed op ons gehad. Dit was 'n unieke geleentheid om God se liefde op 'n praktiese en persoonlike manier te deel en dit is steeds vir ons gesin 'n betekenisvolle verhouding. Dit het ons laat groei en ten beste laat verander.
Alles het begin toe ons dogtertjie daardie klein seuntjie soos Jesus liefgehad het. Hy trek niemand voor nie. Hy aanvaar ons soos ons is, ongeag ons agtergrond en raak betrokke in ons lewens tot die mate waartoe ons Hom toelaat.
Wanneer laas het jy doelbewus uitgereik na iemand wat anders as jy is? As dit 'n rukkie gelede was, vra vir God om jou oë oop te maak vir die volgende geleentheid. Wanneer Hy dit doen, moet jy gereed wees om te reageer. Dit mag dalk net jou lewe verander.
Amanda Sims
Life.Church Church Online
Aangaande hierdie leesplan
Hoe kan ons leer om soos Jesus te leef as ons nie eerstens soos Hy liefhet nie? Lees saam met Life.Church personeel en huweliksmaats terwyl hulle die ondervindinge en Skrifgedeeltes deel wat hulle inspireer om voluit te leef en Soos Jesus Lief te Hê.
More