Om Soos Jesus Lief te HêVoorbeeld

Love Like Jesus

DAG 4 VAN 13

'n Doel in die Seer

Net 'n paar jare gelede het ek en my vrou onsself op 'n reis van hartseer en pyn bevind, terwyl ons gesukkel het om 'n gesin te begin. Vriende het hulle eerste kind gehad, en hulle tweede ... en ons het steeds vir God gevra hoekom ons nie kon swanger raak nie. Vier jaar later kan ons natuurlik sien dat ons reis van onvrugbaarheid alles deel was van 'n groter plan. Dit het in soveel méér ontaard as wat ons ooit kon droom. Wat het ons voor die wonderwerk deur die seer gehelp? Ons LifeGroup.

Hulle het ons soos Jesus liefgehad en het elke dag die seer en teleurstelling saam met ons gedra. Hulle het Psalm 34:18 tasbaar aan ons bewys. Ons het God se vertroosting elke tree op die pad ervaar soos die Heilige Gees in ons LifeGroup beweeg het.

As gevolg van hulle ondersteuning, het ons ons reis openlik gedeel en ons was in staat om God se boodskap van hoop met ander paartjies te deel wat gedink het hulle was alleen in hierdie stryd. Tog het God nie net daar gestop nie. Na vier jaar van probeer om 'n baba te hê, fondse vir in vitro bevrugting probeer spaar, onsself lisensieër as pleegouers — en net voor God die deur vir 'n nuwe aanstelling ongeveer 16 ure van ons familie oopgemaak het — het God ons gebede beantwoord.

Binne sekondes het alles verander. My vrou was swanger! Net 'n paar kort maande later, het ons baba Emma in die wêreld gekom en raai wie was van die eerste mense vir wie ons vertel het? Ons LifeGroup. Dit was hulle wat die las en die seer help dra het toe ons dit nie langer alleen kon doen nie, en hulle wat dit die uitbundigste saam met ons gevier het!

Wat moet jy vandag verduur? As jy alleen voel, weet net dat dit nie verder van die waarheid kan wees nie, want Christus loop saam met ons, elke tree van die pad én plaas mense strategies en met 'n rede in ons lewens. Ons is nie die eerste nie en sal ook nie die laaste wees wat pyn ervaar nie. Maar ons het 'n Verlosser wat in ons moeilikste oomblikke naby ons is. Omdat ons hierdie waarheid het waaraan ons kan vashou, kan ons diegene wees wat mense verwys na iemand wat groter as hulle hartseer is, iemand wat hulle kan deurdra en selfs 'n doel aan hulle seer gee. Sy naam is Jesus.

Ons seer is ons getuienis. Dit is ons verhaal van God se getrouheid. Deur die seer kan ons op God vertrou, met die wete dat Hy ons liefhet, dat Hy met ons is, en dat Hy werklik meer as genoeg is.

Jay Porter
Life.Church Keller

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Love Like Jesus

Hoe kan ons leer om soos Jesus te leef as ons nie eerstens soos Hy liefhet nie? Lees saam met Life.Church personeel en huweliksmaats terwyl hulle die ondervindinge en Skrifgedeeltes deel wat hulle inspireer om voluit te leef en Soos Jesus Lief te Hê.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church