Om Soos Jesus Lief te HêVoorbeeld
Om die Onbeminde Lief te Hê
Volgens kerklike standaarde was ek nogal goed. Ek het "die sondaar liefgehad, en die sonde gehaat" tot die dag waarop ek hierdie banaliteit prakties moes toepas. Daar het jy dit — my lewe het in 'n maalkolk beland as gevolg van diepe verraad. Ek moes 'n keuse maak: loop weg van die verhouding, of hê iemand lief wat nie in die minste omgegee of berou gehad het oor die pyn wat aan my gedoen word nie, en waarvoor geen oplossing in die vooruitsig was nie.
Ek het innig by God om wysheid gesoek. Wat moet ek doen? Dit was in hierdie oomblik dat God iets aan my geopenbaar het — die hart van my verraaier. Die gesegde "mense wat seer het, maak seer", was presies wat besig was om te gebeur. Hierdie persoon was in totale chaos. Ongelukkig het hy nie geweet hoe om dit te hanteer of waarheen om dit te neem nie, dus is dit op my toegespits.
'n Snaakse ding gebeur wanneer ons op die hart van ander begin fokus eerder as hul optrede. Ons word barmhartig — soos Jesus. Skielik gaan dit nie meer oor myself en hoe seergemaak ek is nie. In plaas daarvan begin dit gaan oor maniere om hulle deur hul seer lief te hê.
Ek glo dit is wat Jesus in sy kragtige bergpredikasie sê. Hoe maklik dit is om mense lief te hê wat vriendelik met ons is. Selfs ongelowiges doen dit. Dis baie moontlik dat hulle nie diegene is wat liefde die meeste nodig het nie. Dis eerder die rugsteker kollega, die lewensmaat wat 'n leuen vertel, die rebelse tiener, of die swak kelner tydens middagete. Om die reis te onderneem van soos Jesus lief te hê, is lewensveranderend. Dit is om lief te hê met die ewigheid in gedagte. Dit is 'n risiko, maar een wat die moeite werd is om te neem!
Shannon Morrison
Life.Church South Oklahoma City
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hoe kan ons leer om soos Jesus te leef as ons nie eerstens soos Hy liefhet nie? Lees saam met Life.Church personeel en huweliksmaats terwyl hulle die ondervindinge en Skrifgedeeltes deel wat hulle inspireer om voluit te leef en Soos Jesus Lief te Hê.
More