Om Soos Jesus Lief te HêVoorbeeld
Jy Het Dit Vir My Gedoen
Dit was 'n koue aand in Junie toe ons by ons buurt ingery het. Langs die pad het 'n jong meisie gesit wat histeries gehuil het. Al wat sy aangehad het, was 'n moulose hempie en kortbroek. Ons het afgetrek en ek het haar gevra: "Hoe kan ek jou help?"
Sy het gefluister: "Hy het my uitgeskop. Ek is swanger en my kêrel het my uitgeskop."
Terwyl ek woorde gesoek het, was my enigste gedagte: Sy is 'n mens. Bewys waardigheid aan haar. Ek het dus gevra: "Wat is jou naam?"
"Brittney."
Ek het geantwoord: "Aangename kennis, Brittney. Wil jy 'n saamry geleentheid êrens heen hê?"
"Ja, my ouma bly hier naby," het sy gesê.
Ons het na die motor geloop en my man het agter by die kinders — wat altwee met groot oë en oop monde gesit het — ingeklim. Sonder om twee keer te dink, het ek Brittney aan my gesin voorgestel asof ek haar al vir jare ken.
"Brittney, sal dit reg wees as ek vir jou 'n paar kledingstukke kry? Ek kan net gou in ons huis inhardloop."
"Ja, ek kry baie koud."
Ek het by die oprit ingery en in die huis ingegaan. Tot my verbasing het Brittney kort op my hakke gevolg. Ek het 'n warm trui, sweetpakbroek en plakkies gegryp. Ek het vir haar die klere gegee en sy het na die badkamer gegaan om aan te trek.
Ons het haar toe na haar ouma se huis geneem en haar die beste toegewens. Op pad huis toe het ons kinders gevra wat nou net gebeur het, en ek het eenvoudig gesê: "Ek is seker dit is wat Jesus sou wou hê ons moes doen." Hulle het saamgestem en ons het aangegaan met die res van ons aand.
Die volgende oggend was ek rustig besig om my oordenking te lees, toe die woorde op die bladsy my tref: "Ek was naak, en julle het My geklee." My hart het vinniger geklop soos ek die gebeure van die vorige aand onthou het.
Geleenthede om soos Jesus lief te hê, kan enige oomblik, enige plek gebeur. Ons kan die vreemdeling op straat soos Jesus liefhê sonder om eens sy Naam te noem. Wanneer Brittney vir Jesus ontmoet, bid ek dat sy Hom sal herken as die een wat sy een koue aand in Junie raakgeloop het op pad na haar ouma se huis.
Tasha Salinas
Life.Church Midwest City
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hoe kan ons leer om soos Jesus te leef as ons nie eerstens soos Hy liefhet nie? Lees saam met Life.Church personeel en huweliksmaats terwyl hulle die ondervindinge en Skrifgedeeltes deel wat hulle inspireer om voluit te leef en Soos Jesus Lief te Hê.
More