Om Soos Jesus Lief te HêVoorbeeld

Love Like Jesus

DAG 2 VAN 13

Tesame Vergewe

Ek is in die kerk grootgemaak, maar om eerlik te wees, het ek geleef asof God nie bestaan nie. Wanneer geleenthede opgeduik het waar ek liefde aan ander by die skool of werk kon bewys het, het ek dit nie aangegryp nie. Ek was 'n gek. Ek was selfsugtig en trots. As ek terugkyk, was die grootste invloede in my lewe negatief: die verkeerde vriende, toksiese verhoudings, seks, pornografie en alkohol. Ek was vasgevang in die verkeerde groep mense; ek het vir my ouers leuens vertel, ook vir my vriende, ek het gedrink en die valse ego wat ek ontwikkel het, gevoed. Teen die tyd dat ek halfpad deur universiteit was, het ek verskriklike dinge gedoen, wat besig was om my liggaam en my lewe te verwoes.

Draai die horlosie aan na vroeg in 2010, 'n paar weke voor Paasfees. My gesin is genooi om Life.Church by te woon. Teen hierdie tyd het ons vir 'n paar jaar al nie meer kerk toe gegaan nie. Dit was 'n kritieke tyd in my en my gesin se lewe, en hierdie uitnodiging kon nie op 'n beter tyd gekom het nie. Toe ons inloop, het almal ons so welkom en aanvaar laat voel. Dit was iets wat ek nooit werklik ervaar het as ek by 'n kerk ingeloop het nie. Gedurende daardie eerste diens wat ons bygewoon het, was ek vir die eerste maal in my lewe oorweldig deur God se liefde en vergifnis. Die boodskap het oor vergifnis gegaan, en ek het die verhaal van Jesus en sy liefde verstaan. Ek het nie gewag nie. Ek het daardie selfde dag nog besluit om my lewe aan Christus toe te wy. Ek het gevoel hoe God my reinig van al die verkeerde dinge wat ek gedoen het en ek was 'n nuwe mens. Dit was egter nie al nie. Ek het besef ek het ondersteuning nodig. Dit was vir my nodig om by 'n LifeGroup aan te sluit, 'n klein groepie mense wat die lewe saam leef. Ek het 'n groep jong universiteit studente gevind wat weekliks op 'n Dinsdag bymekaar gekom het, en ek het dit begin bywoon. Dit is waar alles verander het.

Hierdie vriende het my liefgehad, my aanvaar, en die beste van alles, my gewys hoe dit lyk om vir Christus te leef. Ek sal nooit vergeet hoe hierdie groep mense my liefgehad het soos wat Jesus sou nie. Hulle het my aanvaar net soos ek was en my gehelp om my verlede te oorkom en hierdie nuwe lewe wat God vir my gehad het, aan te gryp. Ek het gevoel dat ek aanvaar word, en ek is nie veroordeel vir wat ek gedoen het nie. Hulle het my die liefde en ondersteuning gewys wat ek so desperaat in hierdie tyd van my lewe nodig gehad het. God het hierdie klein groepie 20-jariges gebruik om my te vorm in die mens wat ek nou is. Draai die horlosie aan na vandag en nou werk ek sowaar by die kerk, in die kleingroepie span, en ek hoor verhaal na verhaal van lewens wat as gevolg van die liefde van Christus verander word. God kan jou lewe verander, en meestal gaan Hy dit doen deur die mense om jou.

Spencer Aston
Life.Church Broken Arrow

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Love Like Jesus

Hoe kan ons leer om soos Jesus te leef as ons nie eerstens soos Hy liefhet nie? Lees saam met Life.Church personeel en huweliksmaats terwyl hulle die ondervindinge en Skrifgedeeltes deel wat hulle inspireer om voluit te leef en Soos Jesus Lief te Hê.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church