In stilwees en vertroueVoorbeeld

In stilwees en vertroue

DAG 10 VAN 10

Ek sal God deur my trane prys 

Daar loop dalk trane oor jou wange terwyl jy hierdie pragtige psalm lees. Selfs al beleef jy nie nou smart of verlies nie, sal jy heel waarskynlik kan identifiseer met die gevoelens van die psalmdigter terwyl hy hierdie psalm geskryf het. Hoe wonderlik is dit dat dit nie net gaan oor die ervaring van hartseer nie. Dit is ook ’n psalm wat getuig van die grootheid en getrouheid van ons Here God. 

Ek wil u lof verkondig, Here, want U het my gered en my vyande nie laat bly wees oor my nie. Here my God, ek het na U geroep om hulp en U het my gesond gemaak.  Here, U het my gered van die doderyk, my aan die lewe gehou toe ek al op pad was na die dood toe. Sing tot eer van die Here, julle wat Hom getrou dien, loof sy heilige Naam! Waarlik, sy toorn duur net 'n oomblik, maar sy goedheid lewenslank. Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer. Toe dit goed gegaan het, het ek wel gesê: “Niks sal my ooit laat wankel nie.” Deur u goedheid het U my op 'n veilige berg laat staan, Here. Maar toe U U aan my onttrek het, het ek baie bang geword. 

Ek het na U geroep, Here. Ek het U om genade gesmeek: “Watter voordeel is daar in my ondergang as ek die graf moet ingaan? Kan stof U loof? Kan dit u trou verkondig? Luister, Here, en wees my genadig! Help my, Here!” Ek was in die rou,maar U het my van vreugde laat dans. U het my rouklere uitgetrek en vir my feesklere aangetrek. Daarom sal ek sing tot u eer; ek sal nie stilbly nie. Here my God, vir altyd sal ek U loof!

Om deur geloof te lewe, beteken dat jy deur jou trane kan glimlag. Jy weet dat jy God kan vertrou ten spyte van alles wat oor jou pad kan kom. Skep vandag moed, draai na God toe en nie weg van Hom af nie. Hy sal jou hartseer in ’n koordans verander. 

Dankie Vader, dat U my op 'n veilige berg laat staan te midde van moeilikhede. Ek vertrou vandag op U. Ek sien uit na die heerlikheid en sing lofsange tot u eer vir ewig. Amen.

Hierdie oordenkings is saamgestel uit IN STILWEES EN VERTROUE deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy. 

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

In stilwees en vertroue

God sal jou nie in die steek laat nie. Wees gehoorsaam aan Hom en vertrou op Hom bo enigiemand en enigiets anders in jou lewe. Dít is Angus Buchan se boodskap wanneer hy jou deur persoonlike ervarings en Bybelse waarhede aanmoedig om te vertrou op die enigste Een wat altyd daar sal wees vir jou. Hierdie leesplan is saamgestel uit IN STILWEES EN VERTROUE deur Angus Buchan.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/