In stilwees en vertroueVoorbeeld

In stilwees en vertroue

DAG 2 VAN 10

Vertrou op God te midde van beproewing  

Job het geweet wat dit beteken om God te midde van beproewing te vertrou. Ten spyte van alles kon hy steeds sê: “Kyk, al wil Hy my ombring – ek hoop op Hom.” Dit is geloof! Ons kan God vertrou te midde van ons beproewinge. Hy het nie vir Sadrag, Mesag en Abednego in die steek gelaat toe hulle in die vuuroond gegooi is nie. God het Job nie in die steek gelaat toe hy alles behalwe sy lewe verloor het nie. Hy sal jou nie in die steek laat nie, al gebeur wat ook al. Hy is nou saam met jou te midde van jou beproewing. 

Ek was voorheen ’n rebel. Ek was ’n sondaar en besig om vir die laaste keer onder te gaan. As dit nie vir die Here Jesus Christus was nie, sou ek nie vandag God se Woord kon verkondig nie. Ek sou iewers in ’n sloot gelê het, of in ’n inrigting gewees het. Toe my broer se klein seuntjie van my trekker afgeval en ek hom doodgery het, sou ek dit nie kon hanteer as ek net ’n Christen in naam was nie. God het my aan die lewe gehou. Jesus Christus was die Een wat vir my gesê het: “Angus, Ek is by jou, altyd.” Dit was ’n ongeluk, maar die duiwel het vir my gesê dat ek ’n dwaas was; dat ek my broer se seun doodgemaak het. Ek moes kies of ek hom gaan glo. Jy het vandag ’n keuse en die keuse is eenvoudig: Gaan jy God vertrou te midde van jou beproewing of gaan jy die duiwel en sy leuens glo? 

In Hebreërs 13:5-6 belowe die Here ons: “Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ’n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ’n mens aan my doen?” Jy hoef geen mens te vrees nie. 

Vader, ek rus my moeë kop vandag teen u bors. U ken my hartseer en pyn. U het my trane gesien. Dankie dat U in alle omstandighede by my is – ek weet dat U my nooit sal begewe of verlaat nie. Ongeag wat gebeur, ek vertrou op U om my deur te dra. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

In stilwees en vertroue

God sal jou nie in die steek laat nie. Wees gehoorsaam aan Hom en vertrou op Hom bo enigiemand en enigiets anders in jou lewe. Dít is Angus Buchan se boodskap wanneer hy jou deur persoonlike ervarings en Bybelse waarhede aanmoedig om te vertrou op die enigste Een wat altyd daar sal wees vir jou. Hierdie leesplan is saamgestel uit IN STILWEES EN VERTROUE deur Angus Buchan.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/