In stilwees en vertroueVoorbeeld
![In stilwees en vertroue](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22985%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Aanvaar God se weë
Wat is Matteus 14 gebeur, is presies wat vandag met so baie van ons gebeur. Ons begin deur ons oë op Jesus te hou en God te vertrou. Ons leef en wandel in geloof. Dan begin die storms en die branders om ons woed. Die dinge van die wêreld trek ons aandag af en ons fokus van Jesus af. Ons begin die logika van wat God doen of vir ons sê om te doen, bevraagteken. Toe God 5 000 mense met twee vissies en vyf garsbroodjies kos gegee het, het dit nie sin gemaak nie.
Ek het dieselfde ding op my plaas ervaar. Dikwels het ek mielies in droë grond geplant. Hoekom? Ek het dit gedoen omdat God vir my gesê het om dit te doen. Hoe het Hy dit vir my gesê? Hy het met my uit sy Woord gepraat. Elke keer as dit gebeur het, het die reën begin val, ’n week nadat ek gesaai het. Die saailinge het gegroei en ons het ’n rekordoes gehad. Daar is ’n gesegde wat lui: “Wie aarsel, is verlore.” Jy moet besluit wat jy gaan doen! Gaan jy uit die boot klim en God vertrou sodra jou voete aan die water raak? Hou jou oë op die Here en hou aan loop. Jy sal verbaas wees hoe ver jy sal vorder wanneer jy jou oë op Jesus hou en op Hom bly fokus. Aan die ander kant, sodra jy op jou omstandighede fokus, sal jy begin wankel en val.
Die Bybel sê dat Jesus onmiddellik sy hand uitgestrek het toe Petrus na Hom roep, en Hy het Petrus gehelp. Jesus het nie toegelaat dat Petrus onder die water verdwyn nie, maar Petrus moes na Hom roep en hulp vra. As jy onder die water begin insak, en die branders dreig om oor jou kop te slaan, moenie huiwer nie. Roep vandag na Jesus en Hy sal onmiddellik reageer. Hy sal nie toelaat dat jy sink nie; Hy sal jou ook nie in die steek laat nie. Sy weë is nie jou weë nie – leef deur geloof.
My Vader-God, ek is dankbaar dat u weë nie die weë van die mens is nie. Ek sien dinge so een-dimensioneel. Help my om U volkome te vertrou. Ek wil deur geloof leef en wandel terwyl ek op U vertrou, en nie op my omstandighede nie. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![In stilwees en vertroue](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22985%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
God sal jou nie in die steek laat nie. Wees gehoorsaam aan Hom en vertrou op Hom bo enigiemand en enigiets anders in jou lewe. Dít is Angus Buchan se boodskap wanneer hy jou deur persoonlike ervarings en Bybelse waarhede aanmoedig om te vertrou op die enigste Een wat altyd daar sal wees vir jou. Hierdie leesplan is saamgestel uit IN STILWEES EN VERTROUE deur Angus Buchan.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/