Die Ons Vader GebedVoorbeeld
Voorwoord
“So moet julle bid: ... “ (Matteus 6:9a).
Stel jou voor dat jy 'n pianis of kitaarspeler is wat sukkel om 'n tegnies-uitdagende musiekstuk onder die knie te kry. Stel jou nou voor dat die komponis onverwags verskyn, langs jou kom staan en sagkens sê: “So moet jy jou hande op hierdie gedeelte plaas ... en so moet jy hierdie strofe speel" — en jou dan presies wys waar om jou vingers te posisioneer. Jy sou baie dankbaar wees vir sulke opleiding! Indien musiek nie jou belangstellingsveld is nie, dink dan aan iets soortgelyks in sport, bergklim, openbare redevoering of selfs om 'n motor te bestuur. Leiding wat spruit uit volkome kennis, totale gesag en eindelose geduld.
Die "Ons Vader" het ongeveer 70 woorde — bykans net soveel as die toegelate 280 karakters van 'n boodskap op "X" (voorheen Twitter) — leiding deur Jesus self oor hoe om met God te praat. Dit onderrig ons oor die belangrikste onderwerp in die wêreld, deur die Man wat die meeste daarvan weet. Daarom is dit die moeite werd om die "Ons Vader" ernstig op te neem.
Gebed is belangrik! Gebed is egter vir baie mense soos 'n noodnommer op 'n telefoon; God word slegs gedurende tye van krisisse of probleme gekontak. In sy genade help God ons wel ook in sulke omstandighede, maar dit is nie die enigste doel van gebed nie. In hierdie leesplan sal ons sien dat gebed ons help om onsself in die regte verhouding met God te plaas en sodoende onsself en ons probleme in perspektief te plaas. Ons almal het waarskynlik al die ervaring gehad dat ons iemand vir 'n geruime tyd ken, moontlik 'n kollega of 'n buurman, maar slegs wanneer ons 'n behoorlike gesprek met hulle het, leer ons hulle werklik ken. Dit is hoe gebed is: dit bring ons nader aan God, dit bring ons in pas met Hom sodat ons in sy doel betrokke kan wees en sy prioriteite ons s'n kan maak.
Alhoewel baie mense die "Ons Vader" woord vir woord kan opsê, glo ek nie dat dit die bedoeling was nie. Ek sien dit eerder as 'n modelgebed, 'n raamwerk of patroon waarvolgens ons moet bid. Die beste manier om daaraan te dink is — as 'n riglyn; 'n gestruktureerde reeks opskrifte wat ons kan lei terwyl ons met God praat.
Effektiewe gebed verdiep ons verhouding met God. Dit bou 'n band met God wat vir ewig sal hou. Dit lê fondamente gedurende tye van lig wat ons in donker tye mag nodig kry. Ek kan die belangrikheid van gebed nie genoeg beklemtoon nie. As jy 'n geestelike ondersoek wil ondergaan, is slegs een toets nodig — Vra jouself af: "Hoe lyk my gebedslewe?" Ten opsigte van wat ons doen en wie ons is, is gebed die onderskeidingsfaktor; geen Christen bereik meer as wat sy of haar gebedslewe toelaat nie.
Aangaande hierdie leesplan
Sluit aan by J.John vir hierdie 8-dae leesplan wat handel oor die Ons Vader, daardie wonderlik diepgaande en nuttige onderrig, waarmee Jesus ons geleer het hoe ons moet bid.
More