21-Dae van Gebed vir Vriende Voorbeeld
Gebedsgids
Jesaja 6:8
"Toe het ek die Here hoor vra: 'Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?' Ek het geantwoord: 'Hier is ek! Stuur my!'"
Gebed:
Vader, ek bid dat ek altyd gereed sal wees om my geloof met _______________________ te deel. Ek bid dat ek nie deur selfsugtigheid gedryf sal word nie, maar eerder deur liefde. Gee my die moed en vrymoedigheid om u getuie te wees teenoor _______________________ en maak my bedag vir geleenthede wat U my gee, sodat ek die evangelie verstaanbaar en nederig kan deel.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dis dikwels vir ons moeilik om die evangelie met vriende te deel. Ons word óf deur vrees oorweldig, óf weet nie wat om te deel nie. Ons het almal 'n sielelas nodig om ons verlore vriende vir Christus te bereik. Hierdie is 'n 21-dae oordenking wat ons help om spesifiek na te dink oor Skrifgedeeltes wat verband hou met evangelisasie, en dit gaan gepaard met 'n kort gebed vir elke dag.
More