21-Dae van Gebed vir Vriende Voorbeeld
![21-Days of Praying for Friends](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18540%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Gebedsgids
Lukas 18:1
"Jesus het vir hulle 'n gelykenis vertel om duidelik te maak dat 'n mens moet aanhou bid sonder om moedeloos te word."
Gebed:
Vader, dikwels raak ek moeg om te bid. Ek is ongeduldig en hou nie aan bid vir my vriende nie. Vandag bid ek dat U my 'n hernude las sal gee om vir _______________________ te bid. Al lyk dit of niks werk nie, is U altyd aan die werk. Help my om te sien waar U werk. Help _______________________ om U as 'n God te sien wat nooit moed opgee nie en onvoorwaardelik liefhet.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![21-Days of Praying for Friends](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18540%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Dis dikwels vir ons moeilik om die evangelie met vriende te deel. Ons word óf deur vrees oorweldig, óf weet nie wat om te deel nie. Ons het almal 'n sielelas nodig om ons verlore vriende vir Christus te bereik. Hierdie is 'n 21-dae oordenking wat ons help om spesifiek na te dink oor Skrifgedeeltes wat verband hou met evangelisasie, en dit gaan gepaard met 'n kort gebed vir elke dag.
More